YouVersion Logo
Search Icon

Plan Info

Oorwinning oor Beproewings - 'n Studie van 1 & 2 PetrusSample

Oorwinning oor Beproewings - 'n Studie van 1 & 2 Petrus

DAY 40 OF 43

Vryheid In Waarheid

Lees: 2 Petrus 2:17-22

SOAP: 2 Petrus 2:19

Hulle belowe vryheid aan hierdie mense, al is hulle self slawe van die verderf; want as iets jou in sy mag het, is jy sy slaaf.

Oordenking

Ons smag almal na vryheid, ‘n gevoel van 'n lewe sonder laste, waar ons ons outentieke self kan wees sonder enige kettings wat ons terughou. Maar daar is ‘n belangrike waarheid wat ons moet erken: wat ook al sy greep op ons het, het uiteindelik beheer oor ons. Ons roetines, ons gedagtes, ons woorde, demontreer wie of wat ons harte besit. Dit is soos om te probeer luister na twee verskillende liedjies wat tegelykertyd speel. Die melodieë bots, en geen deuntjie kan ten volle waardeer word nie. Net so, in ons geestelike reis, word ons gekonfronteer met ‘n bepalende keuse. Laat ons toe dat God ons voetstappe rig, of dans ons op die wêreld se ritme?

Hierdie charismatiese figure, hierdie valse leraars, kan ongelooflik oortuigend wees. Hulle kom met prikkelende woorde, beloftes van vryheid en visioene van ‘n lewe wat nie deur reëls of sedes beperk word nie, waar ons in beheer kan wees. Maar, wanneer ons die lae afstroop, is die essensie van hul boodskap niksseggend. Hulle is self verstrik, gebind deur die versoekings van hebsug, wellus en plesier wat hulle verkondig. Die ironie?

Terwyl hulle vir bevryding pleit, is hulle vasgevang in hul eie kettings.

Die aanloklikheid van die wêreld is onmiskenbaar. Dit sprankel met beloftes van onmiddelike bevrediging, plesier en vlietende vreugdes. Maar sulke tydelike genot kom teen ‘n hoë prys. Die vryheid wat dit beloof is ‘n illusie, ‘n lugspieëling in die woestyn van die lewe. Wat as ‘n prettige strewe begin, word gou ‘n bindende ketting, wat lei tot gevoelens van leegheid en gevangenisskap.

In skrille kontras daarmee, is daar Jesus, ons ware vryheid. Sy liefde is onvoorwaardelik. Sy beloftes is onbreekbaar. Hy bied nie net ‘n tydelike ontsnapping aan nie. Hy bied ‘n blywende bevryding van die kettings wat ons vasgevang hou. Hy is die enigste een wat ons kettings kan breek en ons kan vrymaak.

Dit is ‘n reis en ‘n deurlopende keuse elke dag. Leuens het ‘n manier om aantreklik voor te kom, maar tog bind hulle ons in onsigbare kettings. Aan die ander kant, die aanvaarding van die waarheid wat Jesus geleer het, het die diepgaande krag om ons te bevry. “... en die waarheid sal julle vrymaak” (Johannes 8:32) is nie net ‘n gesegde nie; dit is ‘n werklikheid vir diegene wat kies om in sy lig te wandel. Terwyl ons ons lewens navigeer, mag ons die valse van die egte onderskei, deur die pad te kies wat lei na ware, ewige vryheid.

Gebed

Liewe Here Jesus, lei ons weg van die leë beloftes van hierdie wêreld. Vul ons harte met u waarheid, sodat ons ware vryheid in U kan vind. Versterk ons om diegene wat ons op ‘n dwaalspoor wil lei, te herken en te weerstaan. Amen.

Day 39Day 41

About this Plan

Oorwinning oor Beproewings - 'n Studie van 1 & 2 Petrus

Petrus was 'n passievolle en toegewyde dissipel, 'n "ooggetuie van die lyde van Christus." Hoewel hierdie twee briewe eeue gelede geskryf is, spreek dit steeds tot ons hedendaagse uitdagings en bied hoop. Dit is 'n onont...

More

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy