YouVersion Logo
Search Icon

Plan Info

Oorwinning oor Beproewings - 'n Studie van 1 & 2 PetrusSample

Oorwinning oor Beproewings - 'n Studie van 1 & 2 Petrus

DAY 38 OF 43

Standvastig In Sy Beskerming

Lees: 2 Petrus 2:1-10

SOAP: 2 Petrus 2:9

Die Here weet dus om dié wat Hom dien, uit beproewing te red, maar om die goddeloses te straf en vir die oordeelsdag gevange te hou.

Oordenking

Daar was valse leraars in Petrus se tyd, net soos daar vandag valse leraars is wat dinge verdraai en dikwels vra: “het God dit regtig gesê …?” Hulle lesse klink dalk soet in ons ore en weerklink wat ons harte smag om te hoor, en dit maak hul boodskappe des te meer gewild. Hulle gebruik bekende terme wat vir hulle verskillende betekenisse het. Hulle ontken die Godheid van Jesus Christus, die onfeilbaarheid van die Bybel, verlossing deur geloof en selfs die realiteit van die hel en die ewige oordeel. Hulle is skandelike en gierige meesterbedrieërs wat die Woord van God verdraai om hul eie begeertes te ondersteun.

Tog is dit hier waar hoop op sy helderste skyn. Net soos God geweet het hoe om Noag te red van ‘n wêreld wat in goddeloosheid verdrink en vir Lot uit ‘n stad van sonde, weet Hy ook hoe om ons te red. Die wêreld kan dalk verdrink in verwarrende en misleidende stemme, maar God is onwrikbaar. Sy waarheid is ‘n baken wat ons deur die onstuimige see van misleiding lei.

2 Petrus 2:9 herinner ons: “Die Here weet dus om dié wat Hom dien, uit beproewing te red." Dit is ‘n belofte waarop ons vas kan staan. Selfs te midde van die chaos van valse leringe en wêreldbeskouings wat ons geloof uitdaag, is God ons beskermer en verdediger. Hy is ons kompas wanneer ons verlore voel en ons toevlug wanneer storms van twyfel ons geloof probeer skud.

Wanneer jy dus oorweldig of onseker voel as gevolg van die talle stemme om jou, onthou Noag. Onthou Lot. Hulle was omring deur mense wat gelag het vir regverdigheid en wat die dinge van God bespot het, maar ons liefdevolle Vader het in sy genade presies geweet hoe om hulle te red … en net betyds.

Op dieselfde manier sien God die uitdagings van die sameleweing waar jy woon en Hy kan jou ook verlos. Hou styf vas aan sy beloftes, want net soos Hy Noag en Lot gered het sal Hy jou naby en veilig hou totdat Jesus terugkeer.

Gebed

Liewe Here Jesus, dankie vir U oneindige liefde en beskerming. Soos die wêreld meer goddelose stemme en leringe omhels, help my om waarheid en misleiding te onderskei. Soos Noag en Lot, lei en beskerm my elke tree van die pad. Amen.

Day 37Day 39

About this Plan

Oorwinning oor Beproewings - 'n Studie van 1 & 2 Petrus

Petrus was 'n passievolle en toegewyde dissipel, 'n "ooggetuie van die lyde van Christus." Hoewel hierdie twee briewe eeue gelede geskryf is, spreek dit steeds tot ons hedendaagse uitdagings en bied hoop. Dit is 'n onont...

More

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy