YouVersion Logo
Search Icon

Plan Info

Oorwinning oor Beproewings - 'n Studie van 1 & 2 PetrusSample

Oorwinning oor Beproewings - 'n Studie van 1 & 2 Petrus

DAY 12 OF 43

Voeg Die Daad By Die Woord

Lees: 1 Petrus 2:11-12

SOAP: 1 Petrus 2:11-12

Geliefdes, in die wêreld is julle vreemdelinge en bywoners. Daarom dring ek by julle daarop aan om nie aan sinlike begeertes toe te gee nie. Dit verwoes net 'n mens se lewe. Gedra julle altyd goed onder die heidene sodat, al praat hulle kwaad van julle asof julle misdadigers is, hulle julle voorbeeldige lewe kan sien en God kan verheerlik op die dag van afrekening.

Oordenking

Het jy al ooit soos ‘n vis uit die water gevoel in hierdie wêreld? As jy al so gevoel het, is dit heeltemal normaal. Trouens, dit is waarvan die apostel Petrus praat in vandag se verse. Hy herinner ons dat ons soos vreemdelinge en bannelinge in hierdie wêreld is. Hierdie wêreld is nie ons tuiste nie … en dis reg so!

As uitverkore kinders van God, behoort ons lewens merkbaar anders te wees — afgesonder en nie soos die wêreld nie. “Afgesonder” beteken egter nie “geïsoleer” nie. Dit is ‘n delikate balans: om in die wêreld te wees, om dit te beïnvloed en van Christus te getuig, maar nie deel daarvan te word nie. Dink só daaraan: om met die wêreld in aanraking te wees sonder om besmet te word (Romeine 12:1-2).

Om werklik nie-Christene te beïnvloed, moet ons lewens die liefde, waarheid, en genade van Jesus weerspieël. Ons moet "leef wat ons bely" — die waarheid wat ons met ander deel, uitleef. As ons eerlik met onsself is, moet ons erken dat ons dikwels daarin misluk. Ons het goeie bedoelings, maar ons raak moeg, gefrustreerd, kwaad. Ons tree nie op soos ons wil nie. Kom ons vra God nederig om vergifnis en onthou Jesus se woorde: “... sonder My kan julle niks doen nie” (Johannes 15:5). Soos ons bly streef na heiligheid, kom ons vra die Heilige Gees om sy volmaakte vrug in ons lewens voort te bring — liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing (Galasiërs 5:22-23). Dit moet ons opregte reaksie wees op sy weergalose liefde en die opoffering wat Jesus vir ons gemaak het.

Ons voel dalk die angel van kras woorde en kritiek in ‘n wêreld wat ons graag wil slegmaak en in onguns bring. Maar neem jou toevlug na Jesus toe, daardie kritiek verloor sy krag en ons hoef nie terug te baklei nie. Die wêreld neem kennis wanneer ons goeie werke bevestig wat ons sê. Hulle werk in harmonie, ontwapen die skeptici, en wys hulle na die heerlikheid van God.

Wanneer jy dus soos ‘n vreemdeling in ‘n vreemde land voel, onthou jy is een! Hierdie wêreld is nie jou tuiste nie. Jy is ‘n ambassadeur vir Christus, hier geplaas om God met jou lewe te verheerlik. Jy dra sy Naam! Hou aan, ten spyte van die teenkanting. Jy is gebore vir ‘n tyd soos dié!

Gebed

Dierbare Here Jesus, dankie dat U my geroep het om as ambassadeur vir U in hierdie wêreld te woon. Help my om in u genade en waarheid te wandel. Wanneer ek soos ‘n vreemdeling voel, herinner my daaraan dat hierdie wêreld nie my tuiste is nie. Maak my sterk om ‘n lewe te lei wat u eer en ander na U toe trek. Amen.

Day 11Day 13

About this Plan

Oorwinning oor Beproewings - 'n Studie van 1 & 2 Petrus

Petrus was 'n passievolle en toegewyde dissipel, 'n "ooggetuie van die lyde van Christus." Hoewel hierdie twee briewe eeue gelede geskryf is, spreek dit steeds tot ons hedendaagse uitdagings en bied hoop. Dit is 'n onont...

More

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy