YouVersion Logo
Search Icon

21 Dae Vas en GebedSample

21 Dae Vas en Gebed

DAY 8 OF 21

‘n Rein Verstand

Die woord rein beteken om skoon te wees, om vry te wees van enige skadelike stowwe. Vir ons as gelowiges beteken dit om heilig te leef, afgesonder vir Hom. Ons moet die reinheid van God in gedagte hou en in ons hart bewaar deur tyd in te ruim vir sy Woord en daarop te mediteer. Hoe meer ons ons harte en gedagtes vul met sy Woord, hoe meer sal ons verstand en gedagtes rein word. Vra die Heilige Gees vandag op watter teksvers jy moet mediteer en op die tafel van jou hart moet skryf.

Day 7Day 9

About this Plan

21 Dae Vas en Gebed

Ons as gemeente gaan elke jaar in 'n tyd van vas en gebed in. Dit strek oor 'n 21 dae tydperk. Vir die 21 dae, is daar elke dag 'n fokuspunt waarvoor ons saam as gemeente sal bid en vertrou. "Geloof benodig gebed vir sy groei en volle ontwikkeling, en gebed benodig vas vir dieselfde rede." - Finnis Jennings Dake

More