Wie Is God?Sample
![Wie Is God?](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F36912%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Hoe moet jy die Bybel lees? – Handelinge 8:30-35
Die verhaal van Filippus en die Etiopiër is belangrik om verskeie redes:
- Dit gee ons 'n prentjie van hoe God, spesifiek Jesus en die Gees, aktief is onder ons. Jesus, die Here, gee deur 'n boodskapper, die engel, leiding. In die OT was dié engel van die Here een van die maniere waarop sy teenwoordigheid op aarde ervaar is (dink aan Abraham en die drie besoekers in Genesis 18). God doen dit ook deur die Gees wat opdragte gee. Die Gees neem selfs vir Filippus fisiek na 'n ander plek aan die einde van hierdie verhaal.
- Dit wys hoe belangrik begrip van die Bybelse verhale vir geloof is. Dit illustreer ook die belangrikheid van indringende gesprek oor geloof. Gesprek is die belangrikste manier waarop geloof versprei.
- Dit wys ook hoe belangrik geloof is. Dit is ook waarom die doop onmiddellik bedien is. Net geloof, gebaseer op die Skrif, sowel as op die bereidheid om die gawe van die versoeningsdood van Christus te aanvaar (Jesaja 53:7-8), is nodig. Sommige manuskripte voeg dan ook by as die Etiopiër vra wat verhinder dat hy gedoop word: "Niks nie — as jy met jou hele hart glo." Waarop die Etiopiër antwoord: "Ek glo dat Jesus Christus die Seun van God is."
- Dit onderstreep God se liefde vir Afrika. Dit is heerlik om te sien dat die evangelie na Afrika toe uitbrei, voordat dit verder die Midde-Ooste en Europa bereik. Dit maak my baie trots as 21ste eeuse gelowige van en uit Afrika.
1. Hoe belangrik is dit dat iemand die Bybel vir ons verduidelik?
2. Dink aan mense wat die Bybel vir jou al verduidelik het. Dank die Here vir hulle. Dink aan mense vir wie jy die Bybel kan verduidelik. Bid vir wysheid en geleenthede om dit te doen.
3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner aan die krag van die Woord.
4. Jy kan later vanaand die gedeelte weer lees in die konteks van Handelinge 8 met die tema: Die Woord en die Gees skep geloof in ons harte.
Scripture
About this Plan
![Wie Is God?](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F36912%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Werk die volgende jaar deur antwoorde op 52 kernvrae oor God, Christus en die Gees. Elke week het sewe bydraes oor ‘n kernvraag. Dag 1: ‘n Antwoord uit die Bybel met besprekingsvrae. Dag 2-5: Vier verdere antwoorde uit die Bybel. Dag 6: Antwoorde uit die belydenisskrifte. Dag 7: 'n Boodskap. Die bydraes is gerig op gelowiges uit alle kerkverbande. Jy kan dit gebruik vir jou stiltetyd of in 'n kleingroep.
More
Related Plans
![Decide to Thrive: Youth Edition](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F54591%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Decide to Thrive: Youth Edition
![The Way to Follow Jesus According to the Gospel of Luke](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F54844%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
The Way to Follow Jesus According to the Gospel of Luke
![Multiplying the Gospel // Gospel X - Multiplying the Message](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F54680%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Multiplying the Gospel // Gospel X - Multiplying the Message
![Core Beliefs: Strengthening Your Spiritual Foundation](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F55157%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Core Beliefs: Strengthening Your Spiritual Foundation
!["Attitude Adjustments": A 3-Day Parenting Plan](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F54852%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
"Attitude Adjustments": A 3-Day Parenting Plan
![Ears to Hear (S3-E7)](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F54165%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Ears to Hear (S3-E7)
![Now Over Next](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F55059%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Now Over Next
![In Her Image: Character Study of the Proverbs 31 Woman](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F54110%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
In Her Image: Character Study of the Proverbs 31 Woman
![The Unseen God — Part Two](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F55069%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
The Unseen God — Part Two
![Leading Well: 5 Choices for Christian Leaders a 5 - Day Plan by Michele C. Walker, Ph.D.](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F54505%2F320x180.jpg&w=640&q=75)