YouVersion Logo
Search Icon

Wie Is God?Sample

Wie Is God?

DAY 44 OF 364

Hoe moet jy die Bybel lees? – Psalm 40:9

Die Psalmis is in die nood, en bely dat hy homself nie kan help nie. Sy enigste hoop is dat die Here aan hom sal dink en hom sal red. En sy versugting is dat Hy nie sal talm nie (vers 18). Dit is waarom hy drie goed doen, waarmee ’n mens ook die boodskap van die Psalm kan opsom:

  1. ONTHOU — Vers 2-6: Hy dink terug aan sy vorige ervarings van redding en getuig daarvan in die geloofsgemeenskap – let op hoe pragtig hy die beeld van sy ervaring om uit die modder getrek te word (beeld van die dood) en op ’n vaste rots geplaas te word, in span om die geloofsgemeenskap aan te moedig om God altyd te vertrou.
  2. TOEWY — vers 7-11: Hy dink aan wat Hy van God weet — dat Hy gehoorsaamheid wil hê (iets wat Dawid reeds uit die interaksie van Samuel en Saul geleer het — 1 Samuel 15:22), en dat Hy wil hê dat van sy goedheid en trou getuienis afgelê sal word — en wy homself opnuut daaraan toe en herinner die Here aan sy “track record”. Vers 9 is ’n kosbare verwoording van die geloofslewe: “Om u wil te doen, my God, is my een begeerte, u woord is my hele lewe,” iets wat in Jesus se lewe die hoofrol gespeel het (Johannes 4:34). En Jesus word natuurlik self die offer soos Hebreërs 10:5-10 dit uitspel met verwysing na hierdie Psalm.
  3. SMEEK – vers 12-18: Hy spel sy vasgevalde situasie uit voor die Here, en beroep hom op God se ontferming, liefde, trou, grootheid, hulp en redding.

Dit is daarom ’n Psalm wat ’n mens as die struktuur van jou eie worsteling met jou unieke situasie kan gebruik. Om God se reddingsdade in die verlede in herinnering te roep, om jouself opnuut aan God toe te wy in gehoorsaamheid en getuienis, en jou behoefte in elke detail aan Hom bekend te maak en jou verwagting te stel in sy ontfermende karakter.

1. Dawid leer ons dat ons die Bybel moet lees met die vaste begeerte om te doen wat daarin staan (Psalm 40:9). Wat leer jy uit sy begeerte?

2. Die doel van die lees van die Bybel is dat God se voorskrifte in ons hart kom lê. Loof die Here dat sy Gees ons harte deur die Bybel verander.

3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner om die Bybel te lees vir hartsverandering.

4. Jy kan later vanaand die verse weer lees in die konteks van Psalm 40 met die tema: U Woord is my hele lewe.

Scripture

Day 43Day 45

About this Plan

Wie Is God?

Werk die volgende jaar deur antwoorde op 52 kernvrae oor God, Christus en die Gees. Elke week het sewe bydraes oor ‘n kernvraag. Dag 1: ‘n Antwoord uit die Bybel met besprekingsvrae. Dag 2-5: Vier verdere antwoorde uit die Bybel. Dag 6: Antwoorde uit die belydenisskrifte. Dag 7: 'n Boodskap. Die bydraes is gerig op gelowiges uit alle kerkverbande. Jy kan dit gebruik vir jou stiltetyd of in 'n kleingroep.

More