Spreuke – eenjaarleesplanSample

In die Hebreeus lui hierdie vers letterlik: “Die seën van Jahwe, dit maak ryk, en Hy vermeerder nie swaarkry daarmee saam nie.” Die NLV vertaal daarom: "Dit is die Here se seën wat rykdom bring. Hy gee nie hartseer daarmee saam nie.” Hy seën sonder swoeg!
Dit maak vir my meer sin as die Afrikaanse vertalings wat die tweede deel van die sin vertaal met: "jou geswoeg laat dit nie meer word nie,” (1983-vertaling) of “moeitevolle arbeid voeg daar niks by nie.” (1933/53-vertaling). Al is die boodskap daarvan ook waar – soos Die Boodskap dit so pragtig vertaal: "Dit kom nie uit onsself nie, maar net van Hom” (DB) – is die boodskap van die teks eerder dat God se seën nie bedoel is om jou swaarkry te vermeerder nie.
Scripture
About this Plan

Lees die boek Spreuke in 365 dae deur met hierdie leesplan. Daar is ’n spreuk vir elke dag met ‘n kort beskrywing van die betekenis daarvan. So sal jy ‘n goudmyn van Godgegewe slagspreuke vir jou eie persoonlike lewe ontdek. Dit is ook ‘n uiters geskikte bron vir ouers of opvoeders om as vertrekpunt in hulle onderrig en opvoeding te gebruik. Geniet dit!
More
Related Plans

How to Overcome Temptation

Church Planting in the Book of Acts

Acts 10:9-33 | When God Has a New Way

Leading With Faith in the Hard Places

7-Day Devotional: Torn Between Two Worlds – Embracing God’s Gifts Amid Unmet Longings

God in the Midst of Depression

EquipHer Vol. 12: "From Success to Significance"

Ready as You Are

You Are Not Alone.
