Spreuke – eenjaarleesplanSample

Onreg, hoogmoed, eiewaan, wreedheid en hebsug vermenigvuldig in die geslagte.
Verse 11 tot 14. Hierdie vier verse beskryf die ontstellende waarheid dat onreg, hoogmoed, eiewaan, wreedheid en hebsug in opeenvolgende geslagte vermeerder. Die Hebreeus wat hier in elke vers met “’n soort mens” vertaal word, dui op ‘n generasie ('n geslag, soos in die 1933/53-vertaling; 2020-vertaling), en word vier keer na mekaar aan die begin van die verse gebruik om die negatiewe effek van ‘n opeenstapeling van onreg deur generasies heen te verwoord:
1. ‘n gebrek aan ouerliefde (Spreuke 30:11 – vyfde gebod) lei tot
2. ‘n gebrek aan sondebesef ("van sy ontlasting nie skoon gewas is nie" – Spreuke 30:12) wat lei tot
3. eiegeregtigheid ("sy wimpers fladder" – Spreuke 30:13) en wat uiteindelik lei tot
4. die mees afgryslike, koelbloedige en hartelose gedrag ("tande is swaarde, kake is messe" – Spreuke 30:14).
Dit laat ‘n mens terugdink aan die vermaning van die Here in die Tien Gebooie, dat Hy onverdeelde trou aan Hom verwag. Waar dit nie gebeur nie, het dit ‘n effek op opeenvolgende geslagte: “tot in die derde en vierde geslag van dié wat My haat” (Eksodus 20:5).
Gelukkig is die teenoorgestelde effek nog méér waar, dat die Here liefde (ḥesed) bewys: “tot aan die duisendste geslag van dié wat My liefhet en My gebooie gehoorsaam” (Eksodus 20:6).
Scripture
About this Plan

Lees die boek Spreuke in 365 dae deur met hierdie leesplan. Daar is ’n spreuk vir elke dag met ‘n kort beskrywing van die betekenis daarvan. So sal jy ‘n goudmyn van Godgegewe slagspreuke vir jou eie persoonlike lewe ontdek. Dit is ook ‘n uiters geskikte bron vir ouers of opvoeders om as vertrekpunt in hulle onderrig en opvoeding te gebruik. Geniet dit!
More