Spreuke – eenjaarleesplanSample

Hoofstuk 30 gee vir ons die wyshede van Agur. In vers 1 word iets oor hom meegedeel, waarna sy bydrae volg. Dit kan in drie dele opgedeel word.
1. ‘n Belydenis oor God – verse 2 tot 6;
2. ‘n Gebed tot God – verse 7 tot 9;
3. ‘n Getuienis aan ons – verse 10 tot 33.
Inleiding
Agur word as die seun van Jake aan ons bekend gestel. Sy identiteit is vir ons onbekend. Omdat die oorspronklike Hebreeus hāmǎśśāʾ – wat in die 1983-vertaling vertaal is met “belangrike uitspraak” – ook met “Massaïet” vertaal kan word, is dit moontlik dat hy van Massa in Arabië afkomstig was, soos trouens die geval met Lemuel in Spreuke 31:1. Agur was dus moontlik ‘n buitelander.
Die laaste deel van vers 1 is moeilik om te verklaar. Sommige kies om dit te vertaal as persoonsname: “Die man het vir Itiël gesê, vir Itiël en vir Ukal” (1983-vertaling). Dit sou egter ook as volg vertaal kan word: “Die uitspraak van die man: Ek is nie God nie; Ek is nie God nie, dat ek die vermoë sou hê nie:” wat sin sou maak in die lig van die uitsprake wat volg (Murphy). Dit kan ook as volg vertaal word: “Ek is moeg, o God; ek is moeg, o God, en effentjies” (in die 1933/53-vertaling) wat ook sin maak van die inhoud van die res van die hoofstuk.
Belydenis oor God
Agur doen ‘n belydenis oor God (verse 2 tot 6) waarna hy tot gebed sal oorgaan (verse 7 tot 9).
God is onmeetlik groot.
Verse 2 en 3: Agur probeer die onmeetlike onderskeid tussen hom en God uitdruk deurdat hy in sy eie oë selfs minder as ‘n dier weet, as dit by sy kennis van God kom.
Vers 4: Die onmeetlikheid van die heelal, die onbeheerbare karakter van die wind en die weer, en die kompleksiteit van die wisselwerking tussen die vastelande en die oseane bring Agur onder die besef van God se grootsheid (sien ook Job 38-41). Die verwysing na die "Seun" van God is 'n verwysing na die Messias. Hy word hier op 'n gelyke vlak met die Skeppergod beskryf wat die heelal tot stand gebring het (sien ook Miga 5; Daniël 7). In die Nuwe Testament is dit duidelik dat Jesus hierdie "Seun" van God is.
Scripture
About this Plan

Lees die boek Spreuke in 365 dae deur met hierdie leesplan. Daar is ’n spreuk vir elke dag met ‘n kort beskrywing van die betekenis daarvan. So sal jy ‘n goudmyn van Godgegewe slagspreuke vir jou eie persoonlike lewe ontdek. Dit is ook ‘n uiters geskikte bron vir ouers of opvoeders om as vertrekpunt in hulle onderrig en opvoeding te gebruik. Geniet dit!
More
Related Plans

Last Words: A Lenten Meditation on the Final Sayings of Christ, Week 1

5 Prayers to Stop Thinking Negatively About Your Spouse

Last Words: A Lenten Meditation on the Final Sayings of Christ, Week 2

Ready as You Are

Worship Him

Stress Less: 9 Practices That Build Resilience God's Way

7-Day Devotional: Torn Between Two Worlds – Embracing God’s Gifts Amid Unmet Longings

Priorities of the Kingdom

Learning About Love With St. Valentine
