Spreuke – eenjaarleesplanSample

Vers 24: Die deler is so goed soos die steler. Die probleem met die ontvangs van gesteelde goedere, is dat jy dan nie vir die reg kan opstaan nie. As jy onder eed geplaas word (dit is hoe "vloek" hier vertaal moet word) om in die hof daaroor te getuig, sal jy eerder stilbly. Jou mond word dus effektief gesnoer.
Vers 25: Stel jou vertroue in die Here en nie in mense nie. Vertroue in die Here bring ware veiligheid, want jou vrees vir ander mense kan vir jou 'n strik raak. ‘n Mens kan uit vrees vir ander mense maatreëls tref om jouself teen hulle of teen gevaar te probeer beskerm, maar die maatreëls as sodanig kan jou nie red nie. Dit is wanneer jy op die Here vertrou, dat jy ware veiligheid ervaar. Dit beteken natuurlik dat jy ook wys moet leef en verstandig moet optree. Dit is al oor en oor deur Spreuke gesê. Jou vertroue moet in die eerste plek in die Here wees.
Vers 26: Soek die Here se guns. Baie mense soek guns by iemand in ’n gesagsposisie, maar Spreuke herinner ons daaraan dat 'n mens se reg van die Here af kom. Hy staan in vir dié wat Hom dien. Alleen van Hom is ons verwagting.
Vers 27: Die stryd tussen regverdiges en goddeloses is onafwendbaar skerp en is wedersyds. 'n Oneerlike mens is afstootlik vir regverdiges. Netso is iemand wat opreg is in sy optrede afstootlik vir 'n goddelose.
Hiermee kom ons aan die einde van die laaste spreuke van Salomo in die boek Spreuke.
Scripture
About this Plan

Lees die boek Spreuke in 365 dae deur met hierdie leesplan. Daar is ’n spreuk vir elke dag met ‘n kort beskrywing van die betekenis daarvan. So sal jy ‘n goudmyn van Godgegewe slagspreuke vir jou eie persoonlike lewe ontdek. Dit is ook ‘n uiters geskikte bron vir ouers of opvoeders om as vertrekpunt in hulle onderrig en opvoeding te gebruik. Geniet dit!
More
Related Plans

Last Words: A Lenten Meditation on the Final Sayings of Christ, Week 1

5 Prayers to Stop Thinking Negatively About Your Spouse

Last Words: A Lenten Meditation on the Final Sayings of Christ, Week 2

Ready as You Are

Worship Him

Stress Less: 9 Practices That Build Resilience God's Way

7-Day Devotional: Torn Between Two Worlds – Embracing God’s Gifts Amid Unmet Longings

Priorities of the Kingdom

Learning About Love With St. Valentine
