YouVersion Logo
Search Icon

Spreuke – eenjaarleesplanSample

Spreuke – eenjaarleesplan

DAY 350 OF 365

Gebed

Help my om altyd die waarheid te praat. Help my om nie te arm of ryk te wees nie.

Vers 7: Die belydenis van Agur oor God se woorde gaan naatloos oor in ‘n gebed waarin God vir twee dinge gevra word.

Verse 8 en 9. Hy vra vir God om:

  • hom te help om altyd die waarheid te praat;
  • hom net genoeg te gee om van te leef.

Dit is immers die probleem met armoede én rykdom, dat jy óf kan steel om aan die lewe te bly en só God se wet oortree, óf dat jy te veel kan hê en dink dat jy God nie meer nodig het nie en só Hom verloën en nie meer in jou lewe erken nie. Dit is ‘n gebed wat ek dink elkeen van ons elke dag van ons lewe moet bid!

Day 349Day 351

About this Plan

Spreuke – eenjaarleesplan

Lees die boek Spreuke in 365 dae deur met hierdie leesplan. Daar is ’n spreuk vir elke dag met ‘n kort beskrywing van die betekenis daarvan. So sal jy ‘n goudmyn van Godgegewe slagspreuke vir jou eie persoonlike lewe ontdek. Dit is ook ‘n uiters geskikte bron vir ouers of opvoeders om as vertrekpunt in hulle onderrig en opvoeding te gebruik. Geniet dit!

More