YouVersion Logo
Search Icon

Spreuke – eenjaarleesplanSample

Spreuke – eenjaarleesplan

DAY 342 OF 365

Vers 15: Dissipline is ‘n opvoeding in wysheid. Sorg vir dissipline en jy word nie maklik in die skande gesteek nie.

Vers 16: Goddelose regerings laat sonde gedy. Die belofte dat sulke regerings uiteindelik ondergaan, is bedoel om regverdiges moed te laat hou, sodat hulle nie ook aan die versoeking van die sonde toegee nie.

Vers 17: Dissipline bring rus in jou eie hart. ‘n Goeie opvoeding is nie net ‘n vreugde in terme van die toekoms van jou kind nie, maar ook ‘n gerusstelling en vreugde vir jou eie hart.

Day 341Day 343

About this Plan

Spreuke – eenjaarleesplan

Lees die boek Spreuke in 365 dae deur met hierdie leesplan. Daar is ’n spreuk vir elke dag met ‘n kort beskrywing van die betekenis daarvan. So sal jy ‘n goudmyn van Godgegewe slagspreuke vir jou eie persoonlike lewe ontdek. Dit is ook ‘n uiters geskikte bron vir ouers of opvoeders om as vertrekpunt in hulle onderrig en opvoeding te gebruik. Geniet dit!

More