YouVersion Logo
Search Icon

Spreuke – eenjaarleesplanSample

Spreuke – eenjaarleesplan

DAY 321 OF 365

Verse 23 tot 27: Beplan jou werk sorgvuldig en voer dit nougeset uit. Hierdie uitgebreide spreuk druk ‘n baie belangrike aspek uit van ‘n mens se vertroue op die Here, en jou toewyding aan Hom. Net soseer as wat ‘n mens die Here moet vertrou met al jou weë, Hom daarin moet ken (Spreuke 3:1-12), en vir sy wysheid moet soek, moet jy, met die lig wat jy van Hom ontvang, jou roeping in die lewe uitvoer. Dit behels twee goed:

1. sorgvuldige beplanning – sorg dat jy weet wat jou kleinvee nodig het, en

2. voortdurende betrokkenheid – gee aandag aan jou veetroppe.

Vertroue op die Here vervang nooit beplanning en betrokkenheid nie, maar word juis daardeur bevestig. Dan sal daar iets wees om aan te trek en genoeg kos vir jou gesin en werksmense, selfs genoeg om ‘n nuwe stuk grond te koop. Wyse raad!

Die spreuk spreek ook die gemeenskap in die breë aan. Dit wil nie van almal boere maak nie, maar seker maak dat die gemeenskap begryp dat dit moontlik moet wees vir boere om te floreer. 'n Gemeenskap wat nie sy boeregemeenskap beskerm nie sal nie oorleef nie.

Day 320Day 322

About this Plan

Spreuke – eenjaarleesplan

Lees die boek Spreuke in 365 dae deur met hierdie leesplan. Daar is ’n spreuk vir elke dag met ‘n kort beskrywing van die betekenis daarvan. So sal jy ‘n goudmyn van Godgegewe slagspreuke vir jou eie persoonlike lewe ontdek. Dit is ook ‘n uiters geskikte bron vir ouers of opvoeders om as vertrekpunt in hulle onderrig en opvoeding te gebruik. Geniet dit!

More