YouVersion Logo
Search Icon

Spreuke – eenjaarleesplanSample

Spreuke – eenjaarleesplan

DAY 296 OF 365

Tema 3 – Dit verg uiterste wysheid om met dwase te werk.

Dit verg uiterste wysheid om met dwase te kommunikeer. Vers 4 en 5 verwoord met twee radikaal teenoorgestelde spreuke die konstante dilemma van wyse mense in hulle verhouding met dwase mense.

  • Sit jy ‘n wag voor jou mond deur ‘n dwase opmerking te vermy deur liewer niks te sê nie, het jy ‘n probleem dat ‘n dwaas kan dink jy is net soos hy/sy (Spreuke 26:4).
  • Antwoord jy ‘n dwaas egter op dieselfde dwase manier as wat ‘n dwase mens sou doen (moontlik met sarkasme), het jy ook ‘n probleem dat ‘n dwaas kan dink sy/hy is eintlik beter as jy (Spreuke 26:5).

Die twee spreuke sê dus dat ‘n mens soms gaan praat, en soms nie, maar dat dit altyd riskant sal wees, omdat jy nie noodwendig ‘n goeie reaksie gaan ontlok nie en self daaronder gaan lei.

Day 295Day 297

About this Plan

Spreuke – eenjaarleesplan

Lees die boek Spreuke in 365 dae deur met hierdie leesplan. Daar is ’n spreuk vir elke dag met ‘n kort beskrywing van die betekenis daarvan. So sal jy ‘n goudmyn van Godgegewe slagspreuke vir jou eie persoonlike lewe ontdek. Dit is ook ‘n uiters geskikte bron vir ouers of opvoeders om as vertrekpunt in hulle onderrig en opvoeding te gebruik. Geniet dit!

More