YouVersion Logo
Search Icon

Spreuke – eenjaarleesplanSample

Spreuke – eenjaarleesplan

DAY 298 OF 365

Tema 5 – Dwaasheid is regtig amper ongeneeslik sleg.

Vers 9. ‘n Spreuk in die mond van ‘n dwaas is nie net nutteloos nie, maar rig skade aan. Soos ‘n doring in die hand van ‘n dronk persoon. Hy weet nie eers dat dit homself seermaak nie.

Vers 10. Dit is selfs dwaas om ‘n dwaas te huur. Dit is soos om iemand met ‘n geweer los te laat op enige teiken wat voorkom. Dit is net so dwaas om sommer ‘n verbyganger te huur.

Vers 11. Dit is onafwendbaar dat ‘n dwaas dieselfde dwaasheid sal begaan. Dit is net soos ‘n hond wat sy eie braaksel opeet.

Vers 12. Die diepste dwaasheid is om te dink dat wysheid in jouself lê. Dit is die diepste waarheid van hierdie gedeelte oor die dwase, want dit skakel die hele gedeelte aan die boodskap van Spreuke van die begin af. Wysheid begin met die respek en ontsag wat jy vir God het en die erkenning dat wysheid by Hom begin en nie by jouself nie.

Day 297Day 299

About this Plan

Spreuke – eenjaarleesplan

Lees die boek Spreuke in 365 dae deur met hierdie leesplan. Daar is ’n spreuk vir elke dag met ‘n kort beskrywing van die betekenis daarvan. So sal jy ‘n goudmyn van Godgegewe slagspreuke vir jou eie persoonlike lewe ontdek. Dit is ook ‘n uiters geskikte bron vir ouers of opvoeders om as vertrekpunt in hulle onderrig en opvoeding te gebruik. Geniet dit!

More