YouVersion Logo
Search Icon

Spreuke – eenjaarleesplanSample

Spreuke – eenjaarleesplan

DAY 295 OF 365

Spreuke 26 is 'n versameling van spreuke wat almal verskillende gestaltes van dwaasheid beskryf. Dit is opvallend hoe sonder enige perke die dwase se optrede geskilder word. Dit staan in skrille kontras met die selfbeheersing, versigtigheid en emosionele volwassenheid van die wyse se optrede. Spreuke sê hiermee:

1. Wyse mense weet waar die grense lê in menslike verhoudinge en leer om daarmee saam te leef en dit te respekteer.

2. Dwase mense ignoreer egter ander mense se grense en tree sonder respek vir die waarheid en daarby oordadig op. Dwaasheid ken dus geen perke nie.

Ek groepeer die spreuke oor dwaasheid in 14 temas. Dit vorm ‘n radikale kontras met die 9 temas oor wysheid in hoofstuk 25.

Tema 1 – Dis onvanpas dat dwase eer ontvang.

Vers 1. Dis onvanpas dat dwase eer ontvang. Dis net so onvanpas soos sneeu in die somer, of reën in die oestyd.

Tema 2 – Dwase se wandade kom tot niks.

Vers 2 en 3. Dwase se wandade kom tot niks en hulle kry wat hulle verdien. God laat nie toe dat ‘n vervloeking iemand tref wat dit nie verdien nie. Dit verdwyn soos ‘n voëltjie wat wegfladder, soos ‘n swaeltjie wat wegvlieg. Daarteenoor sorg God dat dwase kry wat hulle verdien, ‘n goeie pak slae. Hy dissiplineer hulle soos ‘n perd met ‘n sweep. Hy beheer hulle soos ‘n donkie met ‘n toom.

Day 294Day 296

About this Plan

Spreuke – eenjaarleesplan

Lees die boek Spreuke in 365 dae deur met hierdie leesplan. Daar is ’n spreuk vir elke dag met ‘n kort beskrywing van die betekenis daarvan. So sal jy ‘n goudmyn van Godgegewe slagspreuke vir jou eie persoonlike lewe ontdek. Dit is ook ‘n uiters geskikte bron vir ouers of opvoeders om as vertrekpunt in hulle onderrig en opvoeding te gebruik. Geniet dit!

More