YouVersion Logo
Search Icon

Spreuke – eenjaarleesplanSample

Spreuke – eenjaarleesplan

DAY 278 OF 365

Onthou dat daar twee bundels van die gesegdes van die wyses in hierdie boek direk na mekaar opgeneem is. Die eerste was Spreuke 22:17-24:22. Die tweede is nou Spreuke 24:23-34.

Die eerste bundel het 30 spreuke van wisselende lengte. Die tweede bundel is ‘n kort addendum tot die eerste een, met ‘n inleiding wat die band lê met die vorige bundel (Spreuke 24:23a) en 5 spreuke bevat. Dit werk veral met sintese (“Iemand wat eerlik antwoord, is ‘n ware vriend.” – Spreuke 24:26).

Spreuk 1 – Partydigheid is onregverdig.

Partydigheid kom eintlik in alle verhoudinge voor waarin iemand bo ‘n ander voorgetrek word. Die onreg daarvan is egter veral wreed waar dit in die geregshowe gebeur, waar ‘n regter partydig is vir ‘n skuldige en onskuldiges daaronder ly. Dit is nie reg nie, soos Spreuke so sonder ophef, maar duidelik sê.

Let op hoe só ‘n regter deur die hele bevolking verwens en vervloek word, sonder dat die impak op só ‘n persoon persoonlik uitgespel word. Die teendeel is egter waar van die seën en voorspoed wat regverdige regters sal ervaar. Dit sal vir almal sigbaar wees.

‘n Mens kan nie anders as om aan die partydigheid van Pilatus te dink in die verhoor van Jesus nie, waar hy die skuldige Barabbas vrygelaat het in plaas van die onskuldige Jesus, omdat hy die Joodse raad se guns wou behou (Matteus 27:15-26). Daar was die skare egter aan Pilatus se kant, opgesweep deur die Joodse leiers, en is hy nie verwens en vervloek nie.

Tog leer die geskiedenis ons dat Pilatus se termyn as goewerneur waarskynlik kort na Jesus se dood beëindig is, hy in ballingskap gestuur is, en in 37 nC selfmoord gepleeg het. Dit is nou volgens die 1ste eeuse Joodse geskiedskrywer Josephus, die 4de eeuse kerkvader Eusebius, asook die 10de eeuse Arabiese geskiedskrywer Agapius van Hierapolis.

Day 277Day 279

About this Plan

Spreuke – eenjaarleesplan

Lees die boek Spreuke in 365 dae deur met hierdie leesplan. Daar is ’n spreuk vir elke dag met ‘n kort beskrywing van die betekenis daarvan. So sal jy ‘n goudmyn van Godgegewe slagspreuke vir jou eie persoonlike lewe ontdek. Dit is ook ‘n uiters geskikte bron vir ouers of opvoeders om as vertrekpunt in hulle onderrig en opvoeding te gebruik. Geniet dit!

More