YouVersion Logo
Search Icon

Spreuke – eenjaarleesplanSample

Spreuke – eenjaarleesplan

DAY 279 OF 365

Spreuk 2 – ‘n Ware vriend is eerlik.

In die oorspronklike teks staan daar dat dié een wat eerlik antwoord, “’n soen op die lippe” is (1933/53-vertaling). Soos dit in die 1983-vertaling vertaal is: “’n ware vriend.” Die AFR20 vertaal as volg: “Wie eerlike antwoorde gee, is soos 'n soen op die lippe.” Herodotos, die Griekse geskiedskrywer uit die 5de eeu vC, vertel van ’n tradisie onder die Perse dat só ’n soen ’n teken van ware vriendskap is. ‘n Mens kan daarom nie anders as om al die gebeure in Getsemane in herinnering te roep nie, waar die Seun van die mens juis deur so ‘n soen verraai is, waar Judas doelbewus ‘n vriendskapsgebaar gebruik het om Jesus te verraai (Matteus 26:49). Saam met die vorige spreuk, vorm dit ‘n interessante agtergrond vir die kruisverhaal van Jesus in die Nuwe Testament.

Day 278Day 280

About this Plan

Spreuke – eenjaarleesplan

Lees die boek Spreuke in 365 dae deur met hierdie leesplan. Daar is ’n spreuk vir elke dag met ‘n kort beskrywing van die betekenis daarvan. So sal jy ‘n goudmyn van Godgegewe slagspreuke vir jou eie persoonlike lewe ontdek. Dit is ook ‘n uiters geskikte bron vir ouers of opvoeders om as vertrekpunt in hulle onderrig en opvoeding te gebruik. Geniet dit!

More