Spreuke – eenjaarleesplanSample

Spreuk 30 – Leef in ontsag vir die Here en gesagsfigure.
Die eerste bundel van die spreuke van die wyses word afgesluit met hierdie oproep om met ontsag vir die Here te leef, en Hom te dien, sowel as om die gesagsfigure in die lewe (koning) te erken, en nie by oproer of rebellie (gewelddadigheid) betrokke te raak nie.
Dit sluit natuurlik nie uit dat ‘n mens betrokke raak by mense wat onregverdig deur ‘n koning behandel word, soos Spreuk 26 van die wyses dit so mooi verwoord het nie. Die beloning om in hierdie wêreld in vrede met God en gesagsfigure te leef, is dat diegene wat dit doen die rampe sal ontsnap wat opstandiges tref, beide in hierdie lewe en die lewe hierna.
Vers 21(a) word in 1 Petrus 2:17 aangehaal: "Julle moet alle mense respekteer en julle medegelowiges liefhê. Vrees God. Eer die keiser."
Vers 22 word in Paulus se oproep in vers 4 van Romeine 13:1–7 gebruik om gelowiges se verpligtinge teenoor die owerhede te beklemtoon: "... want die owerheid is ’n dienaar van God tot jou beswil. Maar as jy kwaad doen, het jy rede om bang te wees, want die owerheid het nie verniet die reg om te straf nie. Hy is immers ook hierin die dienaar van God dat hy die kwaaddoener moet straf."
Scripture
About this Plan

Lees die boek Spreuke in 365 dae deur met hierdie leesplan. Daar is ’n spreuk vir elke dag met ‘n kort beskrywing van die betekenis daarvan. So sal jy ‘n goudmyn van Godgegewe slagspreuke vir jou eie persoonlike lewe ontdek. Dit is ook ‘n uiters geskikte bron vir ouers of opvoeders om as vertrekpunt in hulle onderrig en opvoeding te gebruik. Geniet dit!
More
Related Plans

The Sermon on the Mount

Financial Discipleship – the Bible on Idolatry

Acts 10:34-48 | Confronting Your Blind Spots

Spiritual Formation

In the Arms of Grace: Seeing Jesus Through the Eyes of Mary Magdalene

IHCC Daily Bible Reading Plan - July

IHCC Daily Bible Reading Plan - March

Every Tribe, Every Tongue: 7 Days to Praying for the Nations

God's Design for the Church
