Spreuke – eenjaarleesplanSample

Die vyfde praktiese voorbeeld kontrasteer die goddelose (spotters en dwases) met die regverdiges (nederiges en wyses). Selfs in só ‘n situasie moet die seun nie sy mag misbruik nie, nie eens deur ander te beny as hulle hul mag tot hulle eie voordeel misbruik nie.
Die voordeel van hierdie optrede is dat dit vir die seun 'n belewenis van God se teenwoordigheid sal gee, nie net vir homself nie, maar ook vir dié naby aan hom in sy huis. God sal hom seën en beskerm.
Interessant is dat goddelose in vers 33 in die enkelvoud is, en regverdiges in die meervoud. Dit beteken waarskynlik dat regverdiges makliker in ‘n gemeenskap inpas. Dit is eintlik ’n stukkie ekstra aanmoediging om God se pad te kies. Hy seën en beskerm nie net dié wat by Hom skuil nie. Hy is ook by hulle en snoer hulle saam.
Scripture
About this Plan

Lees die boek Spreuke in 365 dae deur met hierdie leesplan. Daar is ’n spreuk vir elke dag met ‘n kort beskrywing van die betekenis daarvan. So sal jy ‘n goudmyn van Godgegewe slagspreuke vir jou eie persoonlike lewe ontdek. Dit is ook ‘n uiters geskikte bron vir ouers of opvoeders om as vertrekpunt in hulle onderrig en opvoeding te gebruik. Geniet dit!
More
Related Plans

How to Overcome Temptation

Church Planting in the Book of Acts

Acts 10:9-33 | When God Has a New Way

Leading With Faith in the Hard Places

7-Day Devotional: Torn Between Two Worlds – Embracing God’s Gifts Amid Unmet Longings

God in the Midst of Depression

EquipHer Vol. 12: "From Success to Significance"

Ready as You Are

You Are Not Alone.
