Spreuke – eenjaarleesplanSample

As deel van hierdie vierde lewensles gee die pa vyf praktiese voorbeelde in verse 21-35 as riglyn vir beide sy seun se persoonlike karakter as sy openbare optrede.
In die openbare lewe gaan dit oor beide sy sosiale verantwoordelikheid teenoor dié wat in nood is as oor die manier waarop hy sy eie staanplek in die lewe verwerf. Die punt wat die pa maak, is dat die mag wat 'n mens het, veral tot voordeel van diegene wat minder bevoorreg is as jy aangewend moet word, en terselfdertyd ook nie tot die nadeel van dié wat jou gelyke of jou meerdere is nie.
Die eerste praktiese voorbeeld is om met takt (respek) en oorleg op te tree, want dit is presies op dié manier waarop die Here jou sal beskerm. Hierdie soort wysheid gee lewe en sekuriteit. Dit verdryf die vrees en laat jou rustig slaap.
Koester die belofte in vers 26: "want die Here sal jou vertroue wees, en Hy sal jou voet bewaar vir die strik." (AFR83)
Scripture
About this Plan

Lees die boek Spreuke in 365 dae deur met hierdie leesplan. Daar is ’n spreuk vir elke dag met ‘n kort beskrywing van die betekenis daarvan. So sal jy ‘n goudmyn van Godgegewe slagspreuke vir jou eie persoonlike lewe ontdek. Dit is ook ‘n uiters geskikte bron vir ouers of opvoeders om as vertrekpunt in hulle onderrig en opvoeding te gebruik. Geniet dit!
More
Related Plans

How to Overcome Temptation

Church Planting in the Book of Acts

Acts 10:9-33 | When God Has a New Way

Leading With Faith in the Hard Places

7-Day Devotional: Torn Between Two Worlds – Embracing God’s Gifts Amid Unmet Longings

God in the Midst of Depression

EquipHer Vol. 12: "From Success to Significance"

Ready as You Are

You Are Not Alone.
