YouVersion Logo
Search Icon

Spreuke – eenjaarleesplanSample

Spreuke – eenjaarleesplan

DAY 143 OF 365

Vers 29: Soos vroeër in vers 8, belowe Spreuke dat God die gebede van die regverdiges (opregtes) hoor, maar ver is van die goddelose. Soos Jesaja 59:2 sê: "... maar julle ongeregtighede het ’n skeidsmuur geword tussen julle en julle God, en julle sondes het sy aangesig vir julle verberg, sodat Hy nie hoor nie.” Vers 30: Stralende oë verwys waarskynlik na iemand wat óf vriendelik is met jou (Spreuke 16:15) óf goeie nuus vir jou bring. Want, goeie nuus, sê die tweede reël: “... maak jou bene vet”! Bene verwys in dié konteks na jou hele menswees. Dit beteken dat goeie nuus jou laat goed voel (kyk na Jakob in Genesis 45:27-28). Dit maak jou gesond (Spreuke 17:22). Dis ’n aanmoediging om nooit enigiets goeds van iemand te weerhou nie.

Day 142Day 144

About this Plan

Spreuke – eenjaarleesplan

Lees die boek Spreuke in 365 dae deur met hierdie leesplan. Daar is ’n spreuk vir elke dag met ‘n kort beskrywing van die betekenis daarvan. So sal jy ‘n goudmyn van Godgegewe slagspreuke vir jou eie persoonlike lewe ontdek. Dit is ook ‘n uiters geskikte bron vir ouers of opvoeders om as vertrekpunt in hulle onderrig en opvoeding te gebruik. Geniet dit!

More