Maria – ’N Vrou Van Die BybelSample
Maria se nalatenskap in die Skrif
Lees Lukas 1:26-38.
Plaas jouself in Maria se skoene. Wat gaan deur jou gedagtes en watter emosies ervaar jy wanneer jy Gabriël se woorde in vers 28 hoor? Vers 31? Vers 32-33? Vers 35?
Watter deel hiervan sou vir jou die moeilikste wees om te aanvaar met die kalmte en nederigheid wat Maria in vers 38 het? Hoekom?
Lees Lukas 1:46-55.
Wat sê Maria se lied vir jou oor haar karakter en die dinge wat vir haar belangrik is?
Lees Johannes 19:25-30.
Stel jou voor hoe Maria haar seun sien sterf en terugdink aan haar lied in Lukas 1:46-55. Hoe klink daardie lied nou vir haar?
Watter omstandigheid is daar in jou lewe waar jy vir die Here moet sê: “Ek is die Here se dienares. Mag alles wat gesê is, waar word”? Wat maak dit vir jou maklik of moeilik om dit te sê?
Scripture
About this Plan
’n Bybelstudie oor ’n vrou van die Bybel sal jou opnuut laat besef hoe lief God sy kinders het en sal jou verhouding met die Skepper verinnig. En daar is min vroue so inspirerend soos Jesus se eie ma. Ons kan soveel by haar leer. Hierdie 7-dag-Bybelstudie uit VROUE VAN DIE BYBEL deur Ann Spangler en Jean E. Syswerda is ideaal vir persoonlike studie of vir gebruik in ’n kleingroep.
More