YouVersion Logo
Search Icon

Gemaak Vir …Sample

Gemaak Vir …

DAY 2 OF 12

DAG 2

Ons is hier as gevolg van ʼn verhouding. God het gesê: “Kom Ons maak die mens as ons verteenwoordiger, ons beeld.” Let op die woorde “Kom Ons…” Dis die eerste keer wat daar in hierdie skeppingsverhaal van ʼn meervoud gebruik gemaak word, waar God van “Ons” praat. Met wie het Hy gepraat? Wel, Johannes gee vir ons ʼn idee as hy sê dat die Woord self God was (Johannes 1:1). Daar was die Vader wat die woord gespreek het, die Woord (Jesus) wat gedoen het, en die Gees wat oor die aarde gesweef het. Die kern van die Christelike geloof lê in hierdie oortuiging dat God die drie-enige God is, die Skepper-God: Vader, Seun en Heilige Gees.

Die kern van ons geloof lê in misterie, iets buite ons denke wat ons nie goed kan verstaan nie, maar wat ons moet aanvaar. Hier is egter een van die goed wat ons verstaan — hierdie eenheid is ʼn band, dis ʼn ruimte, ʼn interaksie wat die beste beskryf kan word as liefde. Dis hoekom Johannes ook sê dat God liefde is. Hierdie interaksie tussen die Vader, Seun en die Heilige Gees is in volkome harmonie. Dis wat liefde is.

Daar is geen jaloesie, onmin of iets anders ter sprake nie. Inteendeel, as jy lees wat die Bybel sê, sal jy sien dit praat van die Vader wat die Seun verheerlik, die Seun wat die Vader verheerlik, die Gees wat die Seun verheerlik. Daar is ʼn selfloosheid. Daar is nie ʼn selfgerigtheid nie, maar ʼn gerigtheid op die ander. God is liefde. God is in 'n verhouding en daardie verhouding kan die beste beskryf word as liefde. Uit dit uit skep Hy ons.

Hy skep ook die mens na sy beeld, met ander woorde, net soos Hy, met ʼn vermoë om met Hom in 'n verhouding te staan. Hy bring ons tot stand en nooi die mens uit omdat ons, wat na sy beeld gemaak is, ook liefde kan ervaar en om in daardie liefde, daardie band, te kan deel wat daar tussen die Vader, die Seun en die Heilige Gees is.

Day 1Day 3