Oorwin Die TwyfelSample
Geloof soos ’n by
Ek het ’n ruk terug ’n video gesien oor ’n jong Christen musikant wat sy geloof verloor het. Hy sê in die video dat God nie bestaan nie. Dit het my verpletter. Hierdie jong man – en blykbaar is daar meer sulke mense – wat eens op ’n tyd pragtige Christelike musiek geskryf het – het nou sy rug op God gekeer. Wat vir my die ergste was, is dat hy dit openlik gedoen het. Sy optrede lei ander ook om God te verwerp.
Ons moet werklik ons geloof versterk. Ons moet vir ons kinders en geliefdes vertel dat Jesus Christus God is wat mens geword het. Ons lees tog in Matteus 1:23: “‘Die maagd sal swanger word! Sy sal aan ’n Seun geboorte gee. En die mense sal Hom Immanuel noem.’ (Hierdie naam beteken: God is by ons.).” Dit is een van die belangrikste verse in die Bybel.
Ek het begin bye aanhou om my besig te hou, en ek kan nou vir jou sê ’n by is ’n wonderlike klein insek. Het jy geweet dit verg omtrent 145 000 kilometer se vliegtyd om 1 kilogram heuning te produseer? En ’n by kan elke dag tot 5 000 blomme besoek om die nektar bymekaar te maak. Eerwaarde Langstroth, ’n Amerikaanse leraar wat die Langstroth-korf geskep het, het altyd gesê: “As iemand twyfel dat God bestaan, moet hy ’n by bestudeer. Dan sal so iemand sien dit is onmoontlik om te glo dat daar nie ’n God is nie.”
Ek wil jou vandag aanmoedig om in geloof te lewe. Ons lees in Hebreërs 11:1: “Wat is geloof dan? Dit is ’n vaste versekering dat die dinge waarna ons uitsien, inderdaad sal gebeur. Dit is die bewys dat God die dinge wat ons nog nie kan sien nie, waar sal maak.” Mag God jou seën en mag jy onthou dat God bestaan en altyd by jou is.
Scripture
About this Plan
Twyfel. Selfs die woord maak ons ongemaklik! Moenie toelaat dat twyfel in jou lewe inkom nie – hou altyd jou oë op Jesus gevestig. Wanneer daar tye kom wanneer jy verward is of twyfel en bekommerd is, moet jy al jou bekommernisse aan Hom oorgee. Angus Buchan gesels in hierdie 7 oordenkings uit sy dagboek ALLES WAT EK NODIG HET oor hoe ons die stryd teen twyfel kan oorwin.
More