YouVersion Logo
Search Icon

Oorwin Die TwyfelSample

Oorwin Die Twyfel

DAY 2 OF 7

Vertrou op die Here

Die Here sal namens jou optree as jy jou vertroue in Hom plaas. Laat Hom vandag toe om beheer te neem van jou lewe, en Hy sal dit beslis vir jou doen. Hy sal alles doen wat gedoen moet word. Onthou, Jesus gee om vir my en jou. Wanneer daar tye kom wanneer jy verward is of twyfel en bekommerd is, moet jy al jou bekommernisse aan Hom oorgee, want Hy gee vir jou om (1 Petrus 5:7).

Gedurende een van ons groot geleenthede, het ons ’n enorme tent op die plaas opgeslaan. Daar was plek vir 30 000 mans binne en 30 000 buite. Op daardie stadium het ons al die geld wat ons tot ons beskikking gehad het, uitgegee. Ons het nie ’n enkele sent oorgehad nie. Tog het die organiseerders my laat weet dat ons meer luidsprekers nodig gehad het. Ek het gesê ons het nie meer geld nie. Hulle het egter laat weet: “As die mense nie die boodskap kan hoor nie, watter nut het dit dan dat ons die geleentheid hou?”

Ek is teësinnig na die Here toe om vir Hom vir nog meer geld te vra. Ek het terselfdertyd vir die organiseerders gesê om ekstra luidsprekers te kry. ’n Hele paar trokke het op die plaas opgedaag met nog luidsprekers. Intussen het die Here met ’n skaapboer gepraat en vir hom gesê om ’n paar van sy lammers te verkoop. Hy het hulle verkoop en die geld direk vir ons gestuur. Dit was die presiese bedrag wat ons nodig gehad het.

God gee vir jou om! Jy moet vandag al jou bekommernisse vir Hom gee.

Scripture

Day 1Day 3

About this Plan

Oorwin Die Twyfel

Twyfel. Selfs die woord maak ons ongemaklik! Moenie toelaat dat twyfel in jou lewe inkom nie – hou altyd jou oë op Jesus gevestig. Wanneer daar tye kom wanneer jy verward is of twyfel en bekommerd is, moet jy al jou bekommernisse aan Hom oorgee. Angus Buchan gesels in hierdie 7 oordenkings uit sy dagboek ALLES WAT EK NODIG HET oor hoe ons die stryd teen twyfel kan oorwin.

More