YouVersion Logo
Search Icon

Oorwin Die TwyfelSample

Oorwin Die Twyfel

DAY 4 OF 7

God sal voorsien

Het jy al ooit honger gaan slaap? Het die Here jou al ooit verlaat? Hoekom twyfel jy dan aan Hom?

Ek onthou een van die manne-konferensies wat ons jare terug op die plaas gehou het. Ons het ongeveer 5 000 mans verwag, maar toe het daar omtrent 7 500 opgedaag. Daardie Vrydagaand, toe die vroue vir die mans kosmaak, het hulle na my toe gekom en gevra dat ons maar kleinerige porsies skep. Hulle het net genoeg kos vir 5 000 mans voorberei.

Ek het op die verhoog geklim. Ek was so opgewonde oor die groot opkoms. Ek het vir die mans gesê: “Ek het ’n boodskap van die kombuis gekry. Julle kan soveel eet as wat julle wil!”

Daardie Sondagoggend terwyl ons in die gebedskamer gebid het, het een van die helpers, Peter, ingestap gekom. Hy het gehuil en ek het gedink daar was dalk ’n ongeluk of iets. Hy het gesê: “Angus, jy gaan dit nie glo nie. Al die mense het gisteraand geëet, en ons het 36 mandjies oorskiet bymekaargemaak.” As jy die mandjies deur drie deel, kry jy 12. Dit is dus 12 mandjies vir elke ete. Weet jy hoeveel mandjies het hulle bymekaargemaak nadat Jesus die 5 000 mense kos gegee het? Presies 12. Die Here sal jou nooit in die steek laat nie. Hy sal vir jou sorg.

Day 3Day 5

About this Plan

Oorwin Die Twyfel

Twyfel. Selfs die woord maak ons ongemaklik! Moenie toelaat dat twyfel in jou lewe inkom nie – hou altyd jou oë op Jesus gevestig. Wanneer daar tye kom wanneer jy verward is of twyfel en bekommerd is, moet jy al jou bekommernisse aan Hom oorgee. Angus Buchan gesels in hierdie 7 oordenkings uit sy dagboek ALLES WAT EK NODIG HET oor hoe ons die stryd teen twyfel kan oorwin.

More