Oorwin Die TwyfelSample
![Oorwin Die Twyfel](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F29855%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
’n Visie wat van God kom
Moenie toelaat dat omstandighede of situasies jou visie verander nie. Hou vas aan jou perspektief. Moenie toelaat dat die politiek, die ekonomie of enigiets anders jou visie versteur nie. Wat mense sê, maak nie saak nie; net wat God sê maak saak. As jy op die draad sit, is dit ’n baie ongemaklike plek om te wees, want jy weet nie of jy moet bly of dalk gaan nie. Jy moet perspektief behou.
Jakobus 1:6 sê: “As ’n mens bid, moet jy die vertroue hê dat God sal antwoord, want iemand wat twyfel, is soos ’n brander in die see wat deur die wind aangejaag en heen en weer gedryf word.” Ons moenie so wees nie. Onthou, Jesus besit die hemelse bank – vra Hom dus. Ek onthou soos gister hoe die Here my in 1989 opdrag gegee het om die evangelie oral te gaan verkondig. Ek het nie juis aanmoediging van die plaaslike leraars gekry nie. As ek hulle raad gevolg het, sou ek nooit begin het nie, en sou Shalom Ministries nooit gebeur het nie.
Behou jou perspektief. Die vreugde van die hemel vloei deur jou wanneer jy vashou aan jou visie. Vra die Here om jou visie te bevestig. Hy sal dit soveel kere doen as wat jy vra. Gaan dan en doen dit. Die Here sal jou nooit teleurstel nie. Maak net seker die visie kom van God af, en Hy sal jou dra. Leef jou droom – dit is wat ek nou doen.
Scripture
About this Plan
![Oorwin Die Twyfel](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F29855%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Twyfel. Selfs die woord maak ons ongemaklik! Moenie toelaat dat twyfel in jou lewe inkom nie – hou altyd jou oë op Jesus gevestig. Wanneer daar tye kom wanneer jy verward is of twyfel en bekommerd is, moet jy al jou bekommernisse aan Hom oorgee. Angus Buchan gesels in hierdie 7 oordenkings uit sy dagboek ALLES WAT EK NODIG HET oor hoe ons die stryd teen twyfel kan oorwin.
More