YouVersion Logo
Search Icon

Die Belangrikheid Van GebedSample

Die Belangrikheid Van Gebed

DAY 19 OF 43

Bid Met Vertroue

Lees: Efesiërs 3:1–13 

SOAP: Efesiërs 3:11–12 

... soos Hy Hom van ewigheid af al voorgeneem het om dit deur Christus Jesus, ons Here, tot uitvoering te bring. In ons verbondenheid met Hom en deur ons geloof in Hom kan ons met vrymoedigheid en vertroue na God gaan.


Oordenking

In Efesiërs 3 bid Paulus vir die gemeente in Efese. Die eerste gedeelte van sy gebed, verse 2–13, is egter ietwat van 'n doodloopstraat. Hierdie verse beskryf die geheimenis van Christus en hoe God se plan vir die verlossing van die wêreld deur Hom geopenbaar is.  

In hierdie verduideliking gee Paulus uiting aan die doel van wat God in Christus bereik het en hoe ons nou, as gevolg van wat Christus toegang tot God het. Hierdie toegang is beskikbaar deur gebed.

Die toegang wat ons tot Christus het, is nie 'n arrogante soort vrymoedigheid nie. Dit is nie die soort vrymoedigheid of vertroue wat iemand uitspreek as hulle in beheer is of eienaarskap van iets het nie. Inteendeel, hierdie vrymoedigheid en vertroue kom eerder deur nederigheid. 

Wanneer ons die werk van Christus verstaan, is ons natuurlike reaksie, nederigheid. Hy het ons uit die dood gered, en ons het niks gedoen om dit te verdien nie. Ons kan met vrymoedigheid en vertroue deur gebed tot God nader as gevolg van 'n volledige begrip van wie Jesus is en wat Hy gedoen het. Dit is 'n nederige vrymoedigheid, 'n bewustheid van die grootheid van Christus se getrouheid en wat dit vir ons gebring het. Sy getrouheid gee ons die vryheid om toegang tot God te verkry. Dit stel ons in staat om enige tyd met enige behoefte na God toe te kom. Wat 'n aangrypende seën!


Gebed

Hemelse Vader, ek loof U vir die toegang wat U my deur Christus se getrouheid gegee het. As gevolg van wat Jesus gedoen het, kan ek na U toe kom met al my behoeftes en versoeke. Help my om nederig voor U te wees, en om met vrymoedigheid en selfvertroue na U te gaan, as gevolg van Christus, nie as gevolg van myself nie. Ek het niks gedoen om U verhoring te verdien nie, Christus het alles gedoen. U het my 'n groot voorreg gegun, en ek is beskaamd deur U volgehoue bevrydingswerk. In die Naam van Jesus, amen.


Day 18Day 20

About this Plan

Die Belangrikheid Van Gebed

As jy graag nader aan jou Verlosser wil kom deur gebed ‘n prioriteit in jou lewe te maak, dan is Die Belangrikheid van Gebed vir jou. Ons gaan tyd deurbring in God se Woord, antwoorde kry op vrae oor hoe ons moet bid, hoe om gebed ‘n prioriteit te maak en hoe God gebed verhoor. Mag God deur hierdie studie ons oë oopmaak vir die wonder en voorreg van gebed.

More