YouVersion Logo
Search Icon

Wanneer Alles Blou IsSample

Wanneer Alles Blou Is

DAY 5 OF 7

Kyk opwaarts, dan uitwaarts

Ons selfhelp-kultuur is eintlik bedrieglik beperkend. Ons kom skaars agter hoe selfbehep ons aangemoedig word om te wees en hoe verskriklik selfgesentreerd ons werklik is. Ons is so vasbeslote om onsself te verbeter dat ons vasgekeer word deur ’n soort staar-na-jou-eie-naeltjie-narsisme.

C.S. Lewis skryf: “Ek het nooit opgelet nie hoe dié mense met die nederigste en terselfdertyd mees gebalanseerde, ruimste denke ook altyd vol lof is vir alles — terwyl dié wat altyd ontevrede is selde enigiets bewonder … Nog iets wat ek nooit vantevore raakgesien het nie, is dat, net soos mense spontaan die lof besing van dít waaraan hulle waarde heg, hulle geneig is om almal rondom hulle aan te moedig om dieselfde te doen: ‘Is sy nie pragtig nie? Was dit nie wonderlik nie? Dink jy nie dis fantasties nie?’ Deur almal aan te moedig om God te loof, doen die psalmskrywer hier presies wat alle mense doen wanneer hulle praat van dít wat vir hulle belangrik is.”

Laat ons eers opwaarts kyk na God en dan uitwaarts na ander — en met ons lewens die heerlikheid van ons Skepper verkondig.


VARS LUG VIR ’N VARS PERSPEKTIEF

Die natuur kan ’n noemenswaardige rol speel in stresverligting en is ’n natuurlike manier om depressie te verlig. Hoe meer tyd jy buite deurbring, hoe beter sal jou geestestoestand ook wees. Mense wat buite stap, fietsry of draf, is heelwat minder geneig tot swak geestesgesondheid as mense wat binne oefen (en vir wie die trapmeul maklik ’n ergernis word!). Navorsing het ook al bewys dat mense wat in die buitelug oefen meer geneig is om daarmee vol te hou as mense wat kies om gim toe te gaan. 

Scripture

Day 4Day 6

About this Plan

Wanneer Alles Blou Is

Depressie raak wêreldwyd ’n geskatte 300 miljoen mense. As jy een van hulle is, is daar heelwat wat jy kan doen om ’n verskil in jou gemoed te maak. En die heel belangrikste is om jou gevoelens voor God te gaan neerlê. Hierdie 7 oordenkings, saamgestel uit SOOS APPELS VAN GOUD deur Dr. Michael Mol en Dalene Reyburn, bied daaglikse pitkos en praktiese riglyne.

More