YouVersion Logo
Search Icon

Wanneer Alles Blou IsSample

Wanneer Alles Blou Is

DAY 2 OF 7

Alles is blou

Depressie word wêreldwyd beskou as een van die vernaamste oorsake van mediese ongeskiktheid en raak ’n geskatte 300 miljoen mense. Wanneer iets soos diabetes gediagnoseer word, huiwer mense nie om vir ander te vertel dat hulle siek is en behandeling daarvoor ontvang nie. Maar wanneer iemand met ’n gemoedstoornis gediagnoseer word, is mense meer geneig om dit vir hulleself te hou. Niemand wil “mal” genoem word, of aangesê word om hulleself net reg te ruk nie.

Jona is nie die enigste depressiewe karakter wat ons in die Bybel teëkom nie. Dawid, Elia, Job, Naomi, Salomo, Moses en Jeremia het almal gestoei met angstigheid en gevoelens van hooploosheid. Selfs Jesus word deur Jesaja beskryf as “iemand wat leed en pyn geken het” (Jesaja 53:3).

Wat ons by Jona en ander soos hy kan leer, is dat hulle by die Here aangeklop het met hulle woede, skaamte of dreigende gevoelens van onheil. Hulle was nie bang om te erken hulle het hulp nodig nie — en het nie toegelaat dat stigma hulle vaskeer nie.


DEURBREEK DIE STIGMA

Algemene mites oor geestesversteurings wil graag vertel dat dit ’n teken is van swakheid of net ’n verskoning vir swak gedrag. Mense wat aan geestesversteurings ly, tree weliswaar dalk vreemd of op onverwagse maniere op. Maar dis die siekte se skuld. Ja, ook mense met geestesversteurings maak soms swak keuses wat nie verband hou met die simptome van hulle siekte nie — maar ’n mens moet nogtans versigtig wees om te oordeel sonder volle inagneming van die hele gesondheidsprentjie. 

Day 1Day 3

About this Plan

Wanneer Alles Blou Is

Depressie raak wêreldwyd ’n geskatte 300 miljoen mense. As jy een van hulle is, is daar heelwat wat jy kan doen om ’n verskil in jou gemoed te maak. En die heel belangrikste is om jou gevoelens voor God te gaan neerlê. Hierdie 7 oordenkings, saamgestel uit SOOS APPELS VAN GOUD deur Dr. Michael Mol en Dalene Reyburn, bied daaglikse pitkos en praktiese riglyne.

More