YouVersion Logo
Search Icon

Wanneer Alles Blou IsSample

Wanneer Alles Blou Is

DAY 4 OF 7

Dapper genoeg om vir hulp te vra

Om vir hulp te vra, is nié ’n teken van swakheid nie. Dis ’n teken van moed, volwassenheid, selfkennis en nederigheid. Ons bereik almal iewers langs ons lewenspad ’n punt waar ons nie self verder kan nie en hulp nodig het om aan te hou.

Ongeag hoe groot of klein jou kapasiteit, moenie te trots wees om te erken dat die dag sal kom waarop jy die praktiese, emosionele of geestelike hulp van iemand anders gaan nodig hê nie. Om hulp en ondersteuning te soek, het niks te doen met pynverdowing of die verdoeseling van die waarheid nie. Dit gaan daaroor om iets of iemand te hê om op te steun terwyl jy die waarheid in die oë staar.


ANTI-ANTIDEPRESSANTE?

Mense is vinnig om van “goedvoelpilletjies” te praat — maar antidepressante maak niemand eufories van geluk nie. Dis eenvoudig veronderstel om ’n mens “normaal” te laat voel. Mense wat depressie en angstigheid het, het dikwels ’n chemiese wanbalans in hulle brein. Antidepressante help om dié balans te herstel en verminder die aftakelende simptome. Antidepressante is ook nie verslawend nie. Soos die meeste medikasies verander dit hoe jy voel, en daarom kan jy ’n tydjie lank onstabiel voel wanneer jy dit ophou drink. Dit beteken nie jy was daaraan verslaaf nie — jou liggaam moet wel aanpas by die nuwe normaal. Gesels met jou dokter oor ’n stadige vermindering van die dosis, eerder as om dit skielik uit jou sisteem te onttrek. Moet ook nie vergeet van die heel belangrikste medisyne nie: Oefen! 

Day 3Day 5

About this Plan

Wanneer Alles Blou Is

Depressie raak wêreldwyd ’n geskatte 300 miljoen mense. As jy een van hulle is, is daar heelwat wat jy kan doen om ’n verskil in jou gemoed te maak. En die heel belangrikste is om jou gevoelens voor God te gaan neerlê. Hierdie 7 oordenkings, saamgestel uit SOOS APPELS VAN GOUD deur Dr. Michael Mol en Dalene Reyburn, bied daaglikse pitkos en praktiese riglyne.

More