IntegriteitSample
Geld en integriteit
Die grootste toets waarvoor integriteit te staan kom, is geld. Meer as enigiets anders, bring geld mee dat mense die waarheid sal verdraai of inkleur en selfs blatant leuens sal vertel. Trouens, daar is niks – en dit sluit moord in – wat mense nie vir geld sal doen nie. Die vraag is bloot: Hoeveel geld is ter sprake – wat is jou prys?
Een van die geringe toetse vir integriteit is wanneer dit by verkeerde kleingeld kom. Dit het waarskynlik al met ons almal gebeur dat ’n verkoopsassistent ons per ongeluk te veel kleingeld gee. Wat doen ons dan, ongeag of dit ’n klein of groot bedrag is? ’n Mens kan verskillende argumente aanvoer om dit te verswyg, maar praktiese integriteit vereis dat ’n mens dit terugbesorg.
Een van die veelseggende sinonieme van integriteit is “onomkoopbaarheid”. Vir die meeste mense is daar ’n prysdrempel waar hulle integriteit die knie buig voor Mammon. Min mense sal die waarheid praat as dit hulle geld sal kos. Vir die meeste mense is die finale vraag oor integriteit: Wat is jou prys? Daar is nie baie mense wat nie ’n prys het nie!
Scripture
About this Plan
Niks neem langer om te bou as ’n goddelike reputasie nie – en niks word vinniger vernietig deur ’n enkele misstap nie. Dit is hoekom jou integriteit bo enigiets anders beskerm moet word. Isak Burger praat eerlik en reguit oor integriteit en wat dit werklik vir gelowiges beteken, in hierdie 10 oordenkings saamgestel uit sy boek INTEGRITEIT.
More