YouVersion Logo
Search Icon

Kyknet Lydenstyd Gids 2022Sample

Kyknet Lydenstyd Gids 2022

DAY 15 OF 39

Fisiologies gesproke is asemhaling een van die belangrikste tekens dat jy lewe. As iemand doodgaan, sê ons die persoon het sy laaste asem uitgeblaas. Die beheersentrum van jou asemhaling word evolusionêr gesproke deur die baie ou deel van die brein, die reptilian (breinstam) beheer. Dit is ‘n onwillekeurige funksie. Jy hoef nie te onthou of besluit om asem te haal nie.

Jy kan tog let op jou asemhaling en besluit om jou asem op te hou. Dit is een van die min onwillekeurige funksies wat ons deur ‘n besluit kan beïnvloed. Navorsing het getoon dat ‘n mens deur bloot jou aandag te vestig op jou asemhaling, jy jou parasimpatiese senuweestelsel aktiveer wat jou afwen. Daar word gemeen dat die meeste van ons simpatiese senuweestelsel ooraktiveer is. Deur te fokus op jou asemhaling, word die nuwe deel van die brein, die neo-korteks, geaktiveer. Dit beteken dat daar ‘n diepliggende eenwording in jou binnewêreld plaasvind: deur die ou en nuwe brein te verenig. Deur te let op jou asemhaling, is iets fisies en basies.

Asemhaling is egter nie net iets fisies en psigies nie, maar ook geestelik. Die skeppingsverhaal sê die mens het ‘n lewende wese geword toe die Here die asem van die lewe in sy neus geblaas het (Genesis. 2:7). Dit is dalk die rede waarom daar soveel klem geplaas is op asemhaling in die Judeo Christen tradisie.

Jou asem is ook Gees. Hy gee jou elke asem wat jy intrek (Handelinge17:23), al is jy nie bewus daarvan nie. ‘n Bewustheid daarvan bring ‘n bewussyn van Hom in jou lewe.

Ter Nadenke 

Jy word uitgenooi om ‘n paar minute te neem en jou aandag op jou asemhaling te vestig, sonder om inbreek te maak daarop. Spreek die woord dankie met elke asem wat jy uitblaas.

Gebed

Here, gee my die genade om te ontwaak tot die lewe saam met U.

Die Boodskap vir jou Lewensreis

Daaglikse oordenking wat voortbou op die dag se tema

Scripture

Day 14Day 16

About this Plan

Kyknet Lydenstyd Gids 2022

Welkom op die Lydenstydreis. Tydens hierdie ervaring word jy genooi na ‘n paar ontwakings. Die doel van die reis is om te ontwaak tot die lewe. Lewe is God en lewe is saam met God. Ons gaan fokus op die ontwaking van myself, verlange, die lewe, vriendskap en roeping.

More