Kyknet Lydenstyd Gids 2022Sample

Fyodor Dostoyevsky , die wêreldbekende skrywer, het ontwaking tot die lewe in ‘n oomblik beleef. In 1894 was hy in die tronk in Saint Petersburg. Hy was ter dood veroordeel saam met ‘n paar van sy vriende. Hulle was na ‘n plein geneem en voor die vuurpeloton geplaas.
Terwyl die dromme speel, sekondes voor die teregstelling, kom ‘n boodskapper ingestorm met ‘n boodskap dat die tsar die vonnis hersien het en hulle nou tot lewenslange hande-arbeid gevonnis is.
Van die manne het begin huil, een het kranksinnig geword; maar Fyodor het ‘n onuitspreeklike, onverklaarbare blydskap in hom ervaar. Hy was so bly om sy lewe terug te ontvang en het ‘n dankbaarheid vir die gawe van die lewe ontvang.
Hy het vir sy broer geskryf: “Wanneer ek terug kyk na die verlede en dink hoeveel tyd onnodig gemors is, hoeveel tyd verlore gegaan het met dwalings, met foute, met niksdoen, in onkundigheid oor hoe om te lewe, hoe ek nie tyd waardeer het nie, hoe dikwels ek gesondig het teen my hart en gees — bloei my hart. Die lewe is ‘n geskenk, die lewe is om gelukkig te wees, lewe is in jouself, nie in die uitwendige nie”.
Ter Nadenke
Jy word uitgenooi om terug te gaan na ervarings wat uitnodigings was om wakker te word tot jou lewe. Dink na oor een of twee sulke ervarings en deel dit met iemand vandag. Praat ook met die Here daaroor.
Gebed
Here, gee my die genade om te ontwaak tot die lewe saam met U.
Die Boodskap vir jou Lewensreis
Daaglikse oordenking wat voortbou op die dag se tema
Scripture
About this Plan

Welkom op die Lydenstydreis. Tydens hierdie ervaring word jy genooi na ‘n paar ontwakings. Die doel van die reis is om te ontwaak tot die lewe. Lewe is God en lewe is saam met God. Ons gaan fokus op die ontwaking van myself, verlange, die lewe, vriendskap en roeping.
More
Related Plans

God's Redemption Story (Revelation)

Financial Discipleship – the Bible on Idolatry

Acts 10:34-48 | Confronting Your Blind Spots

IHCC Daily Bible Reading Plan - March

In the Arms of Grace: Seeing Jesus Through the Eyes of Mary Magdalene

Every Tribe, Every Tongue: 7 Days to Praying for the Nations

Spiritual Formation

IHCC Daily Bible Reading Plan - July

God's Design for the Church
