Kyknet Lydenstyd Gids 2022Sample

Wat is die grootste geskenk wat jy nog ooit ontvang het? Kan daar iets groter wees as die gawe van jou lewe? As jy nie geleef het nie, het jy nie bestaan nie, was daar niks wat jy kon ontvang nie. Jou lewe en die feit dat jy bestaan, is ‘n geskenk. Jakobus sê dat ons deur sy wil voortgebring is. (Jak 1:17)
Jy ís omdat Hy wou gehad het jy moet wees. Jy is sy idee. Nie jou pa en ma s’n nie. Nie ‘n glips nie. Hulle was net die kanale en die manier hoe jy die lewe ingekom het. Daar is iets groter agter alles. Hy is. Hy het nie net die lewe vir jou gegee nie, maar hou jou lewe daagliks in stand. Handelinge 17:25 stel dit baie duidelik dat: “Hy self aan almal lewe en asem en alles gee. Dit beteken dat ons nie net aan onsself oorgelaat is nie. Hy is daar, Hy gee om.
Ter Nadenke
Neem ‘n oomblik en kyk na alles wat jy het. Alles wat jou lewe moontlik maak. Jou familie, jou gesin, vriende, die mate van gesondheid wat jy geniet, kos, klere, kar ... Kan jy sien dat dit van Hom af kom? Hy het dit vir jou gegee. Dit alles is geskenke. Kan jy dankie sê vir Hom?
Gebed
Here, gee my die genade om te ontwaak tot die lewe saam met U.
Die Boodskap vir jou Lewensreis
Daaglikse oordenking wat voortbou op die dag se tema
Scripture
About this Plan

Welkom op die Lydenstydreis. Tydens hierdie ervaring word jy genooi na ‘n paar ontwakings. Die doel van die reis is om te ontwaak tot die lewe. Lewe is God en lewe is saam met God. Ons gaan fokus op die ontwaking van myself, verlange, die lewe, vriendskap en roeping.
More
Related Plans

God's Redemption Story (Revelation)

Financial Discipleship – the Bible on Idolatry

Acts 10:34-48 | Confronting Your Blind Spots

IHCC Daily Bible Reading Plan - March

In the Arms of Grace: Seeing Jesus Through the Eyes of Mary Magdalene

Every Tribe, Every Tongue: 7 Days to Praying for the Nations

Spiritual Formation

IHCC Daily Bible Reading Plan - July

God's Design for the Church
