Die Stryd in jou Gedagtes DagstukkiesSample
Wees versigtig wat jy dink
Hy vind egter vreugde in die gebooie van die Here en oordink sy voorskrifte dag en nag. Hy is soos ’n boom geplant langs waterstrome,wat vrugte dra op die regte tyd. Sy blare verwelk nie; in alles wat hy doen, is hy voorspoedig. - Psalm 1:2–3
Ek het u Woord in my hart gebêre sodat ek nie teen U sou sondig nie… Ek wil oor u bevele nadink en let op u weë. - Psalm 119:11-15
In die vroeë dae van rekenaars het hulle altyd gesê: ‘’Gemors in, gemors uit.’’ Dit was 'n manier om te verduidelik dat die rekenaar slegs werk met die inligting wat in die masjien gevoer word. As ons verskillende resultate wil hê, moes ons verskillende inligting invoer.
Met rekenaars het die meeste mense nie ‘n probleem om die konsep te begryp nie, maar as dit by hulle gedagtes kom, lyk dit nie of hulle dit verstaan nie. Of miskien wil hulle dit nie verstaan nie. So baie dinge vereis hulle aandag en hulle fokus. Dit is nie net sondige dinge nie. Die apostel Paulus het gesê dat hoewel alles vir hom wettig was, alles nie nuttig was nie. (1 Korintiërs 6:12)
As jy die stryd in jou gedagtes gaan wen en jou vyand verslaan, is dit waarop jy fokus van kardinale belang. Hoe meer jy op God se Woord mediteer, hoe sterker sal jy word en hoe makliker sal jy die oorwinnings behaal.
Te veel Christene besef nie die verskil tussen mediteer op die Bybel en die lees van die Bybel nie. Hulle dink dat wanneer hulle God se Woord lees, hulle die dieper dinge van God inneem. Mense sal te dikwels 'n hoofstuk in die Bybel lees, en wanneer hulle by die laaste vers kom, weet hulle nie wat hulle gelees het nie. Diegene wat mediteer op die Woord van God, is diegene wat dink – en ernstig nadink - oor wat hulle lees.
Hulle mag dit nie in sulke woorde stel nie, maar hulle sê: ‘’ God, praat met my. Leer my. Terwyl ek nadink, openbaar die dieper betekenisse aan my. ‘’
Hierbo het ek Psalm 1 aangehaal. Hierdie psalm begin om die persoon wat geseën is te definieer, en wys dan die regte optrede van daardie persoon uit. Die psalmskrywer het geskryf dat diegene wat mediteer - en dit dag en nag doen - soos vrugbare bome is. . . en alles wat hulle doen, sal voorspoedig wees.
Die psalmskrywer het dit baie duidelik gemaak dat meditasie op en nadenke oor God se Woord resultate lewer. As jy nadink oor wie God is en wat Hy vir jou sê, sal jy groei. Dit is regtig so eenvoudig. ‘n Ander manier om dit te stel, is om te sê dat dit waarop jy ook al fokus, jou lewe sal bepaal. As jy daaroor lees en toelaat dat jou gedagtes op God se liefde en krag fokus, is dit wat in jou sal werk.
Die apostel Paulus sê dit pragtig in Filippense 4: 8: ‘’...Ten slotte, broers en susters, vul julle gedagtes met alles wat waar, eerbaar, skoon, suiwer, lieflik en lofwaardig is.’’
Dit is hartseer, maar die meeste Christene doen nie baie moeite met die bestudering van die Woord nie. Hulle gaan luister hoe ander preek, luister na preke op CD's en lees die Bybel af en toe, maar hulle is nie toegewyd daaraan om God se Woord 'n belangrike deel van hul lewens te maak nie.
Wees versigtig waaraan jy dink. Hoe meer jy oor goeie dinge dink, hoe beter sal jou lewe lyk. Hoe meer jy nadink oor Jesus Christus en die beginsels wat Hy onderrig het, hoe meer word jy soos Jesus en hoe sterker word jy. En soos jy groei, wen jy die stryd in jou gedagtes.
Here God, help my om te dink aan die dinge wat U eer. Vul my lewe met 'n honger na meer van U en uWoord, sodat ek in alles voorspoedig kan wees. Ek vra dit in die Naam van Jesus Christus. Amen.
About this Plan
Hierdie dagstukkies sal jou toerus met inspirasies van hoop om woede, verwarring, veroordeling, vrees, twyfel, te oorwin ... noem maar op. Hierdie insigte sal jou help om die vyand se komplot te ontbloot om jou te verwar met sy leuens, vernietigende denkpatrone te konfronteer, 'n oorwinning te vind in die transformasie van jou denke, krag te kry, aanmoediging en die belangrikste, oorwinning oor elke geveg in jou gedagtes.
More