YouVersion Logo
Search Icon

Hoop op HomSample

Hoop op Hom

DAY 5 OF 5

VERANDER JOU UITGANGSPUNT

God het ons nie ’n gees van lafhartigheid gegee nie, maar van krag, liefde en selfbeheersing (2 Timoteus 1:7 NLV).

Te veel van ons lewe in vrees. Die duiwel probeer ons harte met vrees te vul, wat ons dan so verlam dat ons nie meer helder kan dink nie. Ons wil dalk nie eens ons kinders toelaat om buite te gaan speel nie weens al die afskuwelike dinge wat gebeur. Ons wil nêrens op ons eie bestuur nie, ingeval iemand ons van die pad af druk en beroof.

Ons moet die gevegstoerusting van God aantrek wanneer ons soggens opstaan (Efesiërs 6:13-17 NLV). Beklee jou gesin elke oggend met die Gees. Wat beteken dit? Dit beteken dat jy vir hulle die helm van verlossing, die borsharnas as vryspraak, die gordel van waarheid, die skoene van die evangelie van vrede en die skild van geloof aantrek, en die swaard van die Gees – die Woord van God – gee. Bid elke dag vir jou gesin en vra God om hulle te beskerm.

Net omdat ons gelowiges is, beteken dit nie dat ons kwytgeskeld is van moeilikhede of swaarkry nie. God belowe ons nogtans dat Hy deur ons swaarkry met ons sal wees. Ons moet dit glo. Ons moet die goeie nuus meer lees en luister na wat God vir ons sê. As ons Hom gehoorsaam, sal dit ons hele siening op die lewe verander.

Wanneer stadsbewoners donker wolke sien naderkom, neig hulle om bekommerd te raak oor die slegte weer wat op pad is. In teenstelling daarmee, is boere nie bang vir donker wolke nie. Hulle is verheug omdat lewegewende reën op pad is. Ons moet die moeilikhede in ons lewe beskou soos boere na donker wolke kyk, want agter die donker wolk skyn ’n helder son – die Seun van God.

Kom ons hou op twyfel en negatiewe gedagtes koester en stel ons vertroue in Hom.

GEBED: Vader, ek weet U rig die daaglikse gebeure op aarde en beheer alles wat gebeur. Dis maklik om in al die negatiwiteit van die wêreld verstrengel te raak. Ek wil nie so wees nie. Ek wil eerder op U en op u goeie nuus fokus, en elke dag in hoop en vreugde lewe. Amen

Hierdie 5-dag-leesplan is geneem uit DIE BYBEL – MET GRASSROOTS-OORDENKINGS en GENADE IN OORVLOED deur Angus Buchan en Christelike Uitgewersmaatskappy.

Day 4

About this Plan

Hoop op Hom

Wanneer God aan jou kant is, hoef jy niks te vrees nie. Selfs wanneer dit voel of jy in ’n diep vallei is, sal God jou na veiligheid dra. Plaas jou hoop en vertrou in Hom, want Hy sal jou nie in die steek laat nie. Hierdie 5-dag-leesplan is geneem uit DIE BYBEL – MET GRASSROOTS-OORDENKINGS en GENADE IN OORVLOED deur Angus Buchan © Christelike Uitgewersmaatskappy.

More