YouVersion Logo
Search Icon

Hoop op HomSample

Hoop op Hom

DAY 1 OF 5

STEL JOU VERWAGTING IN GOD

Hou hierdie wetboek altyd by jou. Dink dag en nag daaroor na sodat jy alles kan doen wat daarin geskryf is. Jy sal dan sukses behaal op jou pad. Jy sal voorspoedig wees. (Josua 1:8)

Ek het “verwagting” in die woordeboek opgesoek en dit beteken om iets te wagte te wees. Is jy iets te wagte in jou besigheid? Stel jy jou verwagting in die graad wat jy aan die einde van die jaar gaan ontvang? Stel jy jou verwagting in jou huwelik of die medalje wat jy hoop om te verdien?

Ek stap die lewenspad al lank en my verwagting is in God en God alleen, nie in enige mens nie. Elke keer wat ek op mense gehoop en my verwagting in hulle gestel het, is ek teleurgestel. Stel jou verwagting in die Here en jy sal nie teleurgesteld wees nie. Psalm 62:6-7 sê vir ons: “Ek wil rustig op God wag, want van Hom kom al my hoop. Net Hy is my rots en my redding, my vesting waar ek stewig staan.”

Ons moet ons manier van dink verander. Kyk na die Here en nie na mense nie. Wanneer ons ons verwagting, hoop en vertroue in ons gesin plaas of op ons maatskappy of ons talent vir sport, raak ons teleurgesteld en plaas ons geweldige druk op ons geliefdes. 

Soms wil iemand deur sy huweliksmaat leef, maar daardie persoon is nie die een wat vir jou voorsien nie – God is. Hy kan jou huweliksmaat gebruik om die gesin te versorg, maar uiteindelik is dit God wat jou versorg. As dinge dus ekonomies nie goed gaan nie, kniel neer en vra God om ’n uitweg te voorsien. As jy jou verwagting in God stel, neem jy die druk van jou geliefdes en jouself af. Skielik word die lewe baie aangenamer.

Ons is in ’n sinlose wedloop, want die wêreld glo dat ons die beste moet wees en moet presteer. Dis egter nie hoe dit moet wees nie en dis nie wat God van ons verwag nie. Kom ons verhoed frustrasie en teleurstelling deur ons hoop en vertroue slegs in God te stel.

GEBED: Vader, ek weet U is die enigste een wat my nie in die steek sal laat nie. Ek wil my hoop, vertroue en verwagting slegs in U stel. Help my asseblief om dit elke dag te doen. Amen
Day 2

About this Plan

Hoop op Hom

Wanneer God aan jou kant is, hoef jy niks te vrees nie. Selfs wanneer dit voel of jy in ’n diep vallei is, sal God jou na veiligheid dra. Plaas jou hoop en vertrou in Hom, want Hy sal jou nie in die steek laat nie. Hierdie 5-dag-leesplan is geneem uit DIE BYBEL – MET GRASSROOTS-OORDENKINGS en GENADE IN OORVLOED deur Angus Buchan © Christelike Uitgewersmaatskappy.

More