YouVersion Logo
Search Icon

Hoop op HomSample

Hoop op Hom

DAY 4 OF 5

’N NUWE BEGIN

Ek gee julle ’n nuwe hart met die regte begeertes en ’n nuwe gees. Ek vat die ou hart van sonde weg en gee julle ’n nuwe, gehoorsame hart. (Esegiël 36:26)

Onlangs het ek gesien hoe ’n vers geboorte gee aan ’n pragtige kalf. Die varsheid van die lenteoggend, die voëlsang, die ligte bries, die lowerryke bome … alles het my hart so met vreugde vervul en vir my die gevoel van nuutheid gegee. 

Daar is iets besielend en opbouend omtrent nuwe lewe en nuwe moontlikhede. In Johannes 3:3 sê Jesus: “Ek verseker jou, as iemand nie van bo gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie.”

Christenskap gaan oor ’n nuwe begin. As ons nie bereid is om elke dag ’n nuwe begin te maak en gister se foute agter ons te laat nie, sal ons nooit ten volle ontvanklik wees vir die seëninge wat God vir ons het nie. 

Wanneer ons terugkyk na ons eie lewe, is ek seker die meeste van ons kan maar alte duidelik die foute sien wat ons gemaak het voordat ons geleer het hoe kosbaar God se geskenk van lewe is. Dit neem ook tyd om die ware waarde van verhoudings en geld te leer.

Kom ons laat die verlede agter ons en beweeg aan na die toekoms. Lukas 9:62 sê: “Maar Jesus het vir hom gesê: ‘Enigiemand wat die hand aan die ploeg slaan en dan terugkyk, is nie geskik vir die koninkryk van God nie.’” 

Ons het al almal goeie en slegte dinge in ons lewens ervaar, maar daar kom ’n tyd wat jy die verlede agter jou moet sit. Almal maak foute. Ons moenie vasval in die verlede nie, maar met ’n verwagting die toekoms tegemoetgaan, met die wete dat ons vergewe is en dat die Here ons ’n nuwe begin gegee het.

GEBED: Hemelse Vader, dankie dat U u Seun gestuur het om in my plek te sterf. Dankie dat U my verlos het en vir my ’n nuwe begin gegee het. Mag ek gister in die verlede los en vandag met hoop en vreugde benader omdat ek weet dat U altyd by my is. Amen 
Day 3Day 5

About this Plan

Hoop op Hom

Wanneer God aan jou kant is, hoef jy niks te vrees nie. Selfs wanneer dit voel of jy in ’n diep vallei is, sal God jou na veiligheid dra. Plaas jou hoop en vertrou in Hom, want Hy sal jou nie in die steek laat nie. Hierdie 5-dag-leesplan is geneem uit DIE BYBEL – MET GRASSROOTS-OORDENKINGS en GENADE IN OORVLOED deur Angus Buchan © Christelike Uitgewersmaatskappy.

More