1 & 2 Tessalonisense - Hoop vir 'n beter toekomsSample

Lees: 1 Tessalonisense 2:1-8
SOAP: 1 Tessalonisense 2:8
Paulus het die Verlossingsboodskap met opregtheid gedeel, nie om homself te dien nie. Ten volle oorgegee aan die Evangelie, het hy ander opofferend bedien en lyding aanvaar, omdat hy verstaan het dat ons nooit die Woord van God tevergeefs praat nie. Sy bediening was meer gevestig op die ewige siele van die Tessalonisense as om 'n naam vir homself te maak.
Paulus het nie toegelaat dat konflik of kritiek hom afskrik om sy roeping as God se mondstuk te vervul nie. Sy hart het gepyn van 'n brandende passie wat die manier hoe hy die mensdom gesien het, beïnvloed het: hy het elke mens gesien as 'n verlore siel met ‘n behoefte aan die Vader se liefde. Net soos 'n moeder verplig is om 'n klein baba in haar arms te voed, is Paulus teer om te help om elke honger siel die weg te wys na die ware bron van voedsel in die een ware God.
Het jy al gedink wat 'n wonderlike voorreg dit is dat jou God jou toevertrou het met die kosbare Boodskap van die Evangelie? Vra God om jou hart te breek vir die verlorenes en jou met passie te vul om die Goeie Nuus met deernis te deel. Jy is nie verantwoordelik vir die uitslag nie, maar dit word van jou vereis om te praat en te deel.
Here, gee my die passie en vrymoedigheid van Paulus om die hoop van verlossing met die mense rondom my te deel. Gee my ‘n deernis vir die siele van mense en wys my hoe om aan die verlorenes te vertel dat U alleen werklik bevredig. Amen.
Scripture
About this Plan

Ons ontmoet 'n jong gemeente wat deur baie moeilike storms gaan. Hulle lewens word bedreig deur erge vervolging, en hulle klou vas aan die belofte dat Jesus weer sal kom. Dis meer as net 'n hoopvolle wens; dit is 'n belofte van die enigste Beloftehouer aan Sy geliefde kinders... Hy kom terug. Hulle moes leer om met hierdie hoop in die hede te leef... en net so moet ons ook.
More
Related Plans

IHCC Daily Bible Reading Plan - July

Finding Freedom: With Confidence

Two and a Half Acres of Faith

What Do Christians Believe?

Building Living Bridges

Week 1: Being Human in the Age of AI

How to Overcome Temptation

A Great Harvest

The Unseen God — Part Two
