1 & 2 Tessalonisense - Hoop vir 'n beter toekomsSample

Lees: 1 Tessalonisense 1:4-10
SOAP: 1 Tessalonisense 1:4-5
Paulus verduidelik hoe die gelowiges in Tessalonika die boodskap van die Evangelie met blydskap ontvang het tydens 'n seisoen van ellende. Paulus het die Goeie Nuus kragtig oorgedra en die oortuiging van die Heilige Gees het die mense se harte binne gedring en hulle lewens vir altyd verander. Vandag word ons ook geroep om ons harte oop te maak vir hierdie transformerende Waarheid: ons is geliefd deur God en gekies om alles aan die Verlosser oor te gee.
Hoe sal jy Christus met ander deur jou lewe deel hierdie week? Word die Woord van die Here aktief met woorde uitgedra? Het jy al doelbewus ‘n besluit geneem om van ‘n lewe van selfsugtige afgodery weg te draai en die ware lewende God ten volle te dien? Ons word geroep om die Woord te ontvang, op die Boodskap daarvan te reageer en dan die hoop van verlossing in Christus aktief te deel met enigiemand wat sal luister. Wanneer ons ons lewens ten volle aan Christus oorgee, dring die Heilige Gees ons lewens binne, en Sy Woord vloei uit ons harte om die wêreld te beïnvloed.
Vader, dankie dat U my as u geliefde gekies het en my bemagtig het om die Goeie Nuus in die krag van die Heilige Gees te deel. Help my om moed te hê om my mond oop te maak en met blydskap vir ander te vertel dat Christus alleen ons van vernietiging bevry en hoop in ons harte oprig. Amen
Scripture
About this Plan

Ons ontmoet 'n jong gemeente wat deur baie moeilike storms gaan. Hulle lewens word bedreig deur erge vervolging, en hulle klou vas aan die belofte dat Jesus weer sal kom. Dis meer as net 'n hoopvolle wens; dit is 'n belofte van die enigste Beloftehouer aan Sy geliefde kinders... Hy kom terug. Hulle moes leer om met hierdie hoop in die hede te leef... en net so moet ons ook.
More
Related Plans

IHCC Daily Bible Reading Plan - July

Finding Freedom: With Confidence

Two and a Half Acres of Faith

What Do Christians Believe?

Building Living Bridges

Week 1: Being Human in the Age of AI

How to Overcome Temptation

A Great Harvest

The Unseen God — Part Two
