1 & 2 Tessalonisense - Hoop vir 'n beter toekomsSample
Lees: 1 Tessalonisense 2:17-20
SOAP: 1 Tessalonisense 2:19-20
Die vreugde van Paulus se lewe was om mense na Christus te lei. Hy het die gelowiges in Tessalonika as sy "kroon" beskou, en hy het verantwoordelik gevoel vir die aansporing van hulle geestelike groei. Hoewel teenkanting van die vyand dit moeilik gemaak het vir Paulus om fisies teenwoordig te wees in Tessalonika, het sy hart steeds passievol gestrewe daarna om die gelowiges op die komende wederkoms van Christus te wys.
Die vyand het probeer om Paulus se planne om vir die gelowiges in Tessalonika te preek te stuit, maar die Koninkryk van God kan nie gestuit word nie. Eerder as om persoonlik te besoek, het Paulus hierdie brief geskryf, waarvan ons vandag die voordeel het om dit te lees en daaruit te leer. Ons is dus ook Paulus se glorie en kroon.
Wat is die vreugde van jou lewe? Is jy aktief besig om op ‘n gereelde basis ander te bemoedig om geestelik te groei? Dalk is jy, soos Paulus, in 'n groot mate met geestelike oorlogvoering gekonfronteer en voel vasgedruk in ‘n hoek. Rus in die wete dat God se planne vir jou perfek is en watter stappe jy ookal vandag neem om Sy Goeie Nuus te deel, sal dien as jou glorie en vreugde op die wonderlike dag wanneer jy Jesus van aangesig tot aangesig sien. Dalk kan jy 'n e-pos stuur of ‘n vriendin skakel om jou getuienis te deel. Jy hoef nie fisies in dieselfde vertrek saam met iemand te wees om sy/haar lewe vir die ewigheid te beïnvloed nie. Vra God om jou te wys hoe jy hierdie week die Evangelie op ‘n kreatiewe manier kan deel.
Aanbiddelike Koning, dankie dat U aarde toe gekom het om my van my sonde te red. Wys my hoe ek iemand hierdie week kan lei sodat 'n verlore siel tot verlossing gebring kan word. Ek wil U met ‘n vreugdevolle hart met ander deel en sien hoe iemand se lewe verander word. Amen
Scripture
About this Plan
Ons ontmoet 'n jong gemeente wat deur baie moeilike storms gaan. Hulle lewens word bedreig deur erge vervolging, en hulle klou vas aan die belofte dat Jesus weer sal kom. Dis meer as net 'n hoopvolle wens; dit is 'n belofte van die enigste Beloftehouer aan Sy geliefde kinders... Hy kom terug. Hulle moes leer om met hierdie hoop in die hede te leef... en net so moet ons ook.
More