1 & 2 Tessalonisense - Hoop vir 'n beter toekomsSample

Lees: 1 Tessalonisense 2:9-16
SOAP: 1 Tessalonisense 2: 12-13
Paulus was passievol om die Evangelie te verkondig vir een doel naamlik: hy wou dissipels maak wat oorgegee is aan Christus en wat die Skrif ontvang het en sy beginsels ten volle gehoorsaam het. Hy het die gelowiges in Tessalonika uitgedaag om "waardig te wandel" jeens hulle glorieryke God en Koning. Hy het deur voorbeeld gelei en 'n heilige lewe geleef wat heeltemal toegewyd was om Christus met ander te deel.
Hoe is jou wandel? Kan ander jou harde werk vir God se koninkryk sien? Moedig jy ander aan om Christus te volg deur 'n voorbeeldige lewe te leef wat toegewyd is aan sy Koninkryk? Vra God om jou te help om meer soos Jesus te leef vandag, sodat mense wat die Waarheid soek, na jou lewe sal kyk en jou getransformeerde wandel sal navolg.
Abba Vader, dankie dat U my in U familie verwelkom het en my geroep het om aan die wêreld oor U verlossing te getuig. Help my om waardig te wandel sodat al my weë U sal behaag. Help my om ander te wys op die hoop van die hemel wat in Christus gevind word. Amen
Scripture
About this Plan

Ons ontmoet 'n jong gemeente wat deur baie moeilike storms gaan. Hulle lewens word bedreig deur erge vervolging, en hulle klou vas aan die belofte dat Jesus weer sal kom. Dis meer as net 'n hoopvolle wens; dit is 'n belofte van die enigste Beloftehouer aan Sy geliefde kinders... Hy kom terug. Hulle moes leer om met hierdie hoop in die hede te leef... en net so moet ons ook.
More
Related Plans

IHCC Daily Bible Reading Plan - July

Finding Freedom: With Confidence

Two and a Half Acres of Faith

What Do Christians Believe?

Building Living Bridges

Week 1: Being Human in the Age of AI

How to Overcome Temptation

A Great Harvest

The Unseen God — Part Two
