1 & 2 Tessalonisense - Hoop vir 'n beter toekomsSample

Lees: 1 Tessalonisense 4:1-8
SOAP: 1 Tessalonisense 4:3-5
Paulus gee vir die gelowiges in Tessalonika praktiese instruksies oor hoe om waardig te wandel, en hy stel die standaard hoog sonder om verskonings vir sonde te maak. Paulus daag ons uit om nie deel te word van die wêreld waarin ons leef nie. Seksuele reinheid is nie 'n opsie vir die Christus-volgeling nie - dit is 'n vereiste.
Heilige lewens is aangenaam vir God - ons is hier om Hom te verheerlik, nie om ons vlees en ons eie selfsugtige belange te bevredig nie. Gee jy jou alles vir God, of maak jy verskonings om die weg van die wêreld te volg? Ons eer God wanneer ons vir Hom al ons begeertes en elke millimeter van ons harte aanbied.
Vader, ek bied U my alles aan. Ek wil U meer behaag as om myself vir ‘n rukkie gelukkig te maak. Help my om heiligheid in my gedagtes, in my aksies en in my interaksie met ander na te streef. Gee my die krag om nee te sê vir myself en ja vir U. Amen
Scripture
About this Plan

Ons ontmoet 'n jong gemeente wat deur baie moeilike storms gaan. Hulle lewens word bedreig deur erge vervolging, en hulle klou vas aan die belofte dat Jesus weer sal kom. Dis meer as net 'n hoopvolle wens; dit is 'n belofte van die enigste Beloftehouer aan Sy geliefde kinders... Hy kom terug. Hulle moes leer om met hierdie hoop in die hede te leef... en net so moet ons ook.
More
Related Plans

IHCC Daily Bible Reading Plan - July

Finding Freedom: With Confidence

Two and a Half Acres of Faith

What Do Christians Believe?

Building Living Bridges

Week 1: Being Human in the Age of AI

How to Overcome Temptation

A Great Harvest

The Unseen God — Part Two
