1 & 2 Tessalonisense - Hoop vir 'n beter toekomsSample

Lees: 1 Tessalonisense 4:13-18
SOAP: 1 Tessalonisense 4:13-14
Paulus vertroos die gelowiges in Tessalonika deur hulle te vertel dat Christus vir sy kinders sal terugkeer. Diegene wat hul geloof in Christus plaas vir vergifnis van sondes en voor Christus se wederkoms sterf, sal eerste opgewek word met die geklank van die basuin. Uiteindelik sal gelowiges wat nog lewe, weggeraap word en Christus in die lug ontmoet.
Die realiteit van Christus se wederkoms behoort ons te vertroos wanneer ons 'n geliefde, wat 'n volgeling van Christus was, verloor. Ons treur nie sonder hoop nie - omdat ons weet dat ons herenig sal word op die glorieryke dag van Christus se wederkoms. Enige probleme of hartseer wat ons vandag in die gesig staar, sal verdwyn die oomblik wanneer ons sy gesig sien.
Vader, dankie vir die hoop van die hemel. Help my om te leef met my oë op die ewigheid gevestig. Amen
Scripture
About this Plan

Ons ontmoet 'n jong gemeente wat deur baie moeilike storms gaan. Hulle lewens word bedreig deur erge vervolging, en hulle klou vas aan die belofte dat Jesus weer sal kom. Dis meer as net 'n hoopvolle wens; dit is 'n belofte van die enigste Beloftehouer aan Sy geliefde kinders... Hy kom terug. Hulle moes leer om met hierdie hoop in die hede te leef... en net so moet ons ook.
More
Related Plans

IHCC Daily Bible Reading Plan - July

Finding Freedom: With Confidence

Two and a Half Acres of Faith

What Do Christians Believe?

Building Living Bridges

Week 1: Being Human in the Age of AI

How to Overcome Temptation

A Great Harvest

The Unseen God — Part Two
