1 & 2 Tessalonisense - Hoop vir 'n beter toekomsSample
Lees: 1 Tessalonisense 5:9-11
SOAP: 1 Tessalonisense 5: 9-11
Paulus vra die gelowiges in Tessalonika om mekaar aan te moedig met die Goeie Nuus van die Evangelie. Diegene wat hul geloof in Christus geplaas het, sal nie die oordeel oor sonde in die gesig staar nie. Christus het sy lewe aan die Kruis gegee om sy kinders te red, en ons is ten volle vergewe.
Om 'n vriend in Christus aan te moedig neem slegs ‘n paar minute van ons tyd elke dag, maar die impak is langdurig. Wie ken jy wat tans deur 'n baie moeilike seisoen gaan? Neem tyd om daardie persoon te skakel en saam met hulle te bid of nooi 'n vriend oor vir koffie en luister na hul verhaal en verseker hulle dat jy omgee. Verwys vriende wat seergekry het na die hoop in God se Woord en herinner hulle daaraan dat God besig is om te werk in hulle lewens. Moedeloosheid word verdryf wanneer ons vir mekaar in die bres tree.
Here, dankie vir die aanmoediging uit u Woord en vir vroue wat tyd neem om Waarheid oor my lewe te spreek. Wys vir my wie ek hierdie week kan bemoedig en gee my die moed om te praat. Amen
Scripture
About this Plan
Ons ontmoet 'n jong gemeente wat deur baie moeilike storms gaan. Hulle lewens word bedreig deur erge vervolging, en hulle klou vas aan die belofte dat Jesus weer sal kom. Dis meer as net 'n hoopvolle wens; dit is 'n belofte van die enigste Beloftehouer aan Sy geliefde kinders... Hy kom terug. Hulle moes leer om met hierdie hoop in die hede te leef... en net so moet ons ook.
More