YouVersion Logo
Search Icon

Soeke na Vreugde: Ses Bybelse Waarhede deur John PiperSample

Soeke na Vreugde: Ses Bybelse Waarhede deur John Piper

DAY 6 OF 6

Die voordele wat gekoop is deur die dood van Christus, behoort aan hulle wat hul bekeer en Hom vertrou

"Bekeer" beteken om weg te draai van al die bedrieglike beloftes van sonde.  "Geloof" beteken om tevrede te wees met alles wat God belowe om vir ons te wees in Jesus.  "…wie in My glo," sê Jesus, "sal nooit weer dors kry nie" (Johannes 6:35).  Ons verdien nie ons verlossing nie.  Ons kan dit nie verdien nie (Romeine 4:4-5).  Dit is uit genade alleen, deur geloof (Efesiërs 2:8-9).  Dit is `n gratis geskenk (Romeine 3:24).  Ons sal dit hê as ons dit bo alle dinge koester (Matteus 13:44). Wanneer ons dit doen, is God se doel in die skepping tot stand gebring: Hy word verheerlik in ons, en ons word vir altyd tevrede gestel in Hom.

Begeer jy dié soort vreugde wat kom van `n tevredenheid met alles wat God vir jou is in Jesus?  Indien wel, dan is God aan die werk in jou lewe.

Wat moet jy doen?

Draai weg van die bedrieglike beloftes van sonde.  Roep Jesus aan om jou te red van die skuld en straf en slawerny. "want elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word." (Romeine 10:13).  Begin om jou hoop te plaas op alles wat God vir jou is in Jesus.  Breek die mag van sonde se beloftes in jou lewe, deur geloof in God se beloftes en `n groter tevredenheid daarmee.  Begin om die Bybel te lees om sy kosbare en groot beloftes, wat jou kan vrymaak, daarin te vind (2 Petrus 1:3-4).  Soek `n Bybelsgefundeerde kerk en begin om daar te aanbid en saam te groei met ander mense wat ook vir Christus bo alle ander dinge koester (Filippense 3:7).

Die beste nuus in die wêreld is dat daar geen konflik tussen ons geluk en God se heiligheid hoef te wees nie.  Deur tevrede te wees met alles wat God vir ons in Jesus is, vergoot Hom as `n groot Skat.

Day 5