Bemoedigende WoordeExemplo
Psalm 62:9 AFR83
"Vertrou altyd op Hom, my volk, stort julle hart voor Hom uit! God is vir ons 'n toevlug."
- Om op God te vertrou, behoort ons leefwyse en keuse te wees.
- Dit gee ons die reg om ons harte en hunkering na Hom uit te stort.
- Hy wil ons kom ontmoet waar ons dit nodig het.
- God is ons toevlug en sterkte en 'n ewige hulp in moeilike tye.
Gebed: Vader, ek wil van hierdie geleentheid gebruik maak om my hart voor U uit te stort. U weet wat my bekommerd maak en U weet wat ek nodig het. U is my toevlug, dus sal ek op U vertrou en in U rus. In die Naam van Jesus. Amen.
As Escrituras
Sobre este Plano
Hierdie leesplan is `n samestelling van tien van "Alive to God" se dagstukkies wat in Afrikaans vertaal is. Elke dagstukkie bestaan uit `n Bybelvers, vier kort kerngedagtes en `n gebed. Ons hoop dat elke dag se boodskap vir jou soos vars manna van die Here af sal wees.
More