Logo de YouVersion
Ícono Búsqueda

Die Belangrikheid Van GebedEjemplo

Die Belangrikheid Van Gebed

DÍA 32 DE 43

Wy Jou Toe Om Tevrede Te Wees In God

Lees: Psalm 63 

SOAP: Psalm 63:6-7 

Soos elke keer wanneer ek u goeie gawes geniet,

sal ek U altyd roem met jubelende mond.

As ek aan U dink op my bed,

oor U peins in die nag


Oordenking

Koning Dawid het Psalm 63 geskryf toe hy in die woestyn van Juda was. Dawid het 'n groot fisieke behoefte gehad omdat hy deur 'n dorre wildernis moes loop, sonder 'n waterbron. Maar Dawid se begeerte was nie na kos of water nie. Sy begeerte was eerder na die Here.

Dawid het God se goedheid sowel as die rykdom van 'n koninkryk beleef. Dawid het geweet dat God se teenwoordigheid beter was as die lekkerste voedsel, want dit is alleen God wat bevrediging bring. Terwyl hy in die woestyn rondgedwaal het, was God Dawid se voorsiening vir al sy behoeftes. Hy het hom tot God gewend vir hulp, met die vertroue dat God hom te alle tye sal help.

Dawid het tyd daaraan gewy om God se goedheid aan hom te onthou, en hy het vrede beleef te midde van 'n moeilike omstandigheid. Dawid skuil in die woestyn van sy vyande, hy word gejag deur diegene wat sy lewe wou beëindig. Maar tog wy Dawid tyd daaraan om te besin oor wat God vir hom gedoen het, en hy staan tyd en moeite af om God te prys. Selfs in sy donkerste uur was Dawid volkome tevrede in God.

Of ons nou ons dae daaraan wy om van ‘n vyand te vlug, te werk, vir kinders te sorg of op skool te wees, ons word slegs in God ten volle bevredig. Mag ons vandag 'n keuse maak om Hom te loof en ons tevredenheid alleenlik in Hom te vind, ongeag ons omstandighede.


Gebed

Vader God, ek dank U dat U my laste deur die dag gedra het. Ek dank U dat U my gehelp het om u liefde en u lig uit te dra aan almal wat ek teëkom. Ek dank U vir die uitdagings en beproewinge wat ek deur die loop van die dag ondervind, omdat dit my help om U te soek en van U afhanklik te wees. Beskerm my en my geliefdes terwyl ons slaap. In die Naam van Jesus, amen.


Escrituras

Día 31Día 33

Acerca de este Plan

Die Belangrikheid Van Gebed

As jy graag nader aan jou Verlosser wil kom deur gebed ‘n prioriteit in jou lewe te maak, dan is Die Belangrikheid van Gebed vir jou. Ons gaan tyd deurbring in God se Woord, antwoorde kry op vrae oor hoe ons moet bid, hoe om gebed ‘n prioriteit te maak en hoe God gebed verhoor. Mag God deur hierdie studie ons oë oopmaak vir die wonder en voorreg van gebed.

More